Die hofsaak van vier mense wat van die moord op Kirsty Theologo aangekla word, is uitgestel.
Theologo is ‘n week nadat sy en ‘n vriendin tydens ‘n beweerde sataniese ritueel bykans twee jaar gelede op ‘n koppie in Johannesburg aan die brand gesteek is, oorlede. Jeremy King het skuldig gepleit op die moord en ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan. Hy het verlede week in die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof oor besonderhede van die misdaad getuig.
King se kruisverhoor sal na verwagting afgesluit word wanneer die hofsaak later in Meimaand hervat word. Die prokureurs vir die beskuldigdes het King se verklaring en getuienis bevraagteken en talle teenstrydighede uitgewys, berig EWN.
Hy het verlede week in grafiese besonderhede verduidelik hoe die ritueel beplan is en wat die aand op die koppie plaasgevind het.
Die saak is tot 13 Mei uitgestel wanneer die staat na verwagting nog getuies sal roep.
Theologo se familie het egter gesê hulle is besorg oor die oponthoud, aangesien die saak moontlik jare lank sal voortduur.
Lester Moody, wat ook ‘n pleitooreenkomst met die staat aangegaan het en tot 17 jaar tronkstraf, waarvan vyf opgeskort is, gevonnis is, het vroeër in die hofsaak ook getuig hoe die offer beplan is en wie die ritueel voorgestel het. Hy het getuig dat die groep beplan het om hul siele aan die duiwel te verkoop vir roem en mag. Hy het aan die hof gesê hulle het die idee by die hip-hop-kunstenaar, Jay-Z gekry. Die hof het gehoor hoe die beskuldigdes probeer het om ‘n dier uit die Bybel te roep wat glo deur Satan gebruik sou word om die wêreld te regeer en hulle was oortuig dat hip-hop-kunstenaars dit vantevore reggekry het.
Moody het gesê hy en sy medebeskuldigdes was oortuig dat kletsrymer Jay-Z sy siel aan die duiwel verkoop het in ruil vir geld, roem en mag.
Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Kirsty is twee keer gewurg
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’