Kirsty Theologo was daarvan bewus dat haar vriende hulle siele wou verkoop en haar siel ook wou verkoop, het die hooggeregshofsitting van Johannesburg in Palm Ridge Donderdag aangehoor.
Linden Wagner, die vermeende baasbrein agter die ritueel het getuig dat Theologo teenwoordig was toe hy en die beskuldigdes bespreek het wat hulle wou doen. “Sy wou ʼn deel daarvan wees en ek het nee gesê, omdat ek vir haar omgegee het,” het hy aan die hof gesê. “Daar was dinge wat sy in die lewe gesoek het en om haar siel te verkoop sou haar daarvan ontneem het.”
Dit is omdat sy alle emosie sou verloor nadat sy haar siel verkoop het, het Wagner gesê.
Hy het gehoop om mag te bekom deur sy siel te verkoop. Hy sê die aanval was deel van ʼn satanistiese ritueel om hulle siele te verkoop om mag, wysheid, geld en roem te bekom, alles in ruil vir emosie.
“Die mag was vir ons om enigiemand te kan doodmaak wat ons teengestaan het en nie die merk van die dier wou aanvaar nie,” het Wagner gesê. “Ek wou mag gehad het om jou met my oë te kan optel en jou dan teen die ander kant van die vertrek neer te werp as jy dit nie wou aanvaar nie. Die wysheid was vir Lester sodat hy ʼn rekenaarskyfie kon ontwerp om by mense in te plant sodat ons die wêreld kon beheer.”
“Toe ek gehoor het dat Amerikaanse kunstenaars hulle siele verkoop, is dit iets waarvan ek ʼn deel wou wees. Soos Tupac, Bone Thugs en Snoop Dogg.” Hy sê al dié sangers beweer hulle is dood en het weer herleef onder satan se mag.
Hy het getuig dat Theologo dae vóór die ritueel haarself geoffer het om verbrand te word, haar vlees geëet te word en haar bloed gedrink te word. Sy medebeskuldigdes het geglo sy was die prostituut wat geoffer moes word om die dier, wat in die boek Openbaring in die Bybel genoem word, te laat herleef. Theologo het ontken dat sy ʼn prostituut was.
“Kirsty het met ʼn groot glimlag ingekom en gesê sy wou met vuur gebrand word en haar vlees moet geëet word,” het Wagner gesê. Hy het aan die hof gesê dat Theologo hulle dalk nie geglo het dat hulle in staat sou wees om dit te doen nie. “Ek dink nie sy het geglo dat ons dit sou kon doen nie. Sy het ons vertrou,” het Wagner bygevoeg.
Theologo is op 21 Oktober 2011 op ʼn koppie in Linmeyer, Johannesburg, aangerand en aan die brand gesteek nadat petrol oor haar uitgegooi is. Sy het die volgende Vrydag in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Haar 14-jarige vriendin het die aanval oorleef.
Wagner het aan die hof gesê hy het Courtney Daniels, die enigste vroulike verdagte, toestemming gegee om deel te wees van die ritueel. Hy sê dit is omdat sy broer, wat in daardie stadium in ʼn verhouding betrokke was met Daniels, gesê het dat sy “dinge weet van die donker kant”.
Wagner en drie van sy medebeskuldigdes, Daniels, Harvey Isha en Robin Harwood, het onskuldig gepleit op aanklag van moord op Theologo en poging tot moord op haar vriendin.
Die ander beskuldigdes, Lester Moody en Jeremy King het skuld beken op die misdaad en is elk tot 17 jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is.
Die saak duur voort.
Lees ook:
‘Sataniese ritueel’: Regter siek, saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het mag gesoek
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Theologo se saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Kirsty is twee keer gewurg
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’
“Jongmense sal drome droom en oumense sal gesigte sien.”
En daar is sy dood, julle het haar verbrand en jul siele verkoop. Reg, nou gooi die polisie eenkant toe ontsnap en met jou oë wys die wêreld hoe “sterk” die satan is. WAHAHHAHAHAA! Sulke snert kan net die spot mee gedryf word.
Dit is ‘n jammerte dat ‘n kind moes sterf en ‘n ander met die wonde op haar siel en liggaam moet voortleef om mense te wys hoe magteloos die verleier is. Mag die owerhede tog hul oë oopmaak en sien hoe verkeerd satanisme is, daar is geen akkomodering vir iets wat menslike lewe en die ware Heerser so minnag nie.