‘Sekspes’-onnie in hof

hofhamertjie3ʼn Onderwyser van Johannesburg wat geskors is nadat hy glo kaal foto’s van homself vir ʼn 16-jarige leerling gestuur het, sal na verwagting Woensdag in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Die onderwyser is in Augustus in hegtenis geneem. EWN het vroeër berig dat die onderwyser op borgtog vrygelaat is. Gershwin Chuenyane, woordvoerder van die departement van onderwys, sê die onderwyser is geskors en dat die saak ook intern ondersoek word. Die onderwyser is glo uitgevang terwyl hy ʼn WhatsApp-gesprek met die leerling se ma gehad het terwyl hy onder die indruk was dat hy met die seun gepraat het. Die onderwyser het glo verskeie kaal foto’s van homself aan die seun gestuur sowel as suggestiewe boodskappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.