Ses in hof vir moord op bejaarde egpaar

Gordon en Lorraine Adam. Foto: OFM

Ses jeugdiges het Woensdag in die Bethulie-landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met die moord op Gordon (78) en Lorraine (63) Adam.

Konst. Maselela Langa, woordvoerder van die polisie, sê die saak teen die ses beskuldigdes, tussen 15 en 18 jaar oud, is tot 11 Maart uitgestel wanneer hulle om borg sal aansoek doen. Twee van die beskuldigdes, Tshepo Ramatlama en Sphiwe Sakman, is 18 jaar oud en sal in polisieaanhouding bly. Die beskuldigdes word aangekla van moord, huisroof en die diefstal van ʼn voertuig. Die Adam-egpaar se seun, Ashley, het op Saterdag 9 Februarie op sy ouers se liggame in hul huis afgekom. Die egpaar is in hul huis oorval terwyl hulle geslaap het. Gordon is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die bors en rug gesteek en Lorraine is glo met ʼn panga teen die kop gekap. Die aanvallers het in die egpaar se Toyota-bakkie gevlug. Twee vuurwapens en ʼn selfoon is gesteel. Dit is minstens die vyfde dubbele moord sedert 2010 in die Vrystaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mina ·

moet nie eers sukkel nie sit hulle op n eiland sonder kos en water met duisende haaie om hulle

mina ·

hulle sit in elk geval net n paar jaar in die tronk dan kom hulle uit vir goeie gedrag lekker lewe in die tronk kom hulle uit pleeg hulle net nog n moord

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.