Ses week oue baba verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 24-jarige man verskyn Donderdag in die hof nadat hy na bewering laat Dinsdagaand ʼn ses weke oue baba in die Noord-Kaap verkrag het.

Lt.genl. Solomon Makgale, ʼn polisiewoordvoerder van die provinsie, het gesê die beweerde voorval het omstreeks 23:30 in Galeshewe plaasgevind. Die baba het erge beserings opgedoen en word in die intensiewesorgeenheid van ʼn hospitaal in Kimberley behandel.

Genl. Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het die voorval streng veroordeel.

“As ʼn ma, was ek geskok en verskriklik hartseer toe ek die nuus gehoor het,” het Phiyega gesê. “Na wat verneem word, is die man wat in hegtenis geneem is, die baba se oom. Dit is egter kommerwekkend vir die polisie en die gemeenskap dat dié voorval en soortgelyke voorvalle oor die afgelope tyd in die omgewing plaasgevind het. Ons gaan aanhou om saam met die gemeenskap te werk om seker te maak dat sulke voorvalle in die eerste plek nie plaasvind nie.”

Phiyega en ander gemeenskapsleiers gaan Donderdag die familie van die baba besoek en ʼn bidsessie gaan vir die gemeenskap gehou word.

Die verdagte gaan in die Kimberley-landdros verskyn. Die ondersoek duur voort.

Dié voorval volg op dieselfde dag as wat matrikulante wat die drama-eindeksamen geskryf het, simbolies die verkragting van ʼn baba moes uitbeeld deur van ʼn brood en ʼn besemstok gebruik te maak. Die vraag is gebaseer op Lara Foot Newton se verhoogstuk, “Tshepang”, wat op ware gebeure gebaseer is.

Lees ook:
Verkragtingsvraag: Matrieks was “onvoorbereid”
Onderwysdepartement verdedig babaverkragting-vraag
Matrieks geskok oor babaverkragting-vraag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Justi ·

Goeie genade tog! Ek kan nie glo wat ek lees nie! Hoe barbaars en wreed kan mens kry?
Die lae gemors wat dink hy is n man, kan nie eers met n dier vergelyk word nie.

Peter Says ·

Justi, hierdie goed is nie mense nie, nie eens n dier is in staat tot soiets nie.

vrotvinger, die vloer is oop, wonder wat jy hieroor te se gaan he ?

Justi ·

Peter, dis werklik skokkend. Ek voel dat daardie gedrog permanent uit die samelewing verwyder moet word. So ook al die ander soos hy.

AmY ·

Hoe siek moet mens in mens se kop wees om ‘n 6 weke oue baba te verkrag. Dis walglik!!!

Ek wil nie die tipe nuus lees as ek my koffie drink en ‘n stukkie beskuit daarmee saam geniet nie. My hart gaan uit na die baba en sy/haar familie. Ek hoop die skuldige boet vir sy dade.

Maar om te sê ek hoop hy word ook verkrag in die tronk, is seker onmenslik, né?

Jasper ·

Waar was die kind se ma ? Om n 6 weke oue kind alleen te los ?
Van die vuil veragtelike wese wil ek nie eers praat nie.

lee erasmus ·

Nou kry di duiwel lekker!!Hyt mos vi God jare terug gekoggel en gewaarsku Sy mensdom ga Hom eendag ini steek laat en so wraggies di mensdom bewys Hom reg!!!Het vandag se mans geen beheer meer oor hulle wellus ni???dis mos vreeslik da buite is gekwalifiseerde prossies wat hul na tu kan ga waarom n kind vernietig wat se lewe nogi eers mooi begin het ni???Ek vr God omverskoning namens di luis vi sy optrede!!Ek kan net myself indink hu U mut voel ons Hemelse Pappa xxx

Hanlie ·

Ek is baie jammer dat ons land doodstraf afgestel het. So ‘n persoon (jy kan hom nie eers ‘n mens noem nie – ek weet nie eers of jy hom ‘n dier kan noem nie) behoort die doodstraf te kry.
‘n Dier verkrag nie eers sy/haar kleintjies nie – hoekom doen ‘n “mens” dit.

Iets SAL gedoen moet word dit raak nou regtig te erg……

stomgeslaan ·

Daar is iets groots fout in ons samelewing. Ons kinders is nie veilig tensy hulle agter slot en Grendel gehou word nie. Waar is die dae dat jou kinderlewe sorggeloos en vry was?

Daar is te veel siek mense wat buite rondloop en onskuldige mense en kinders verkrag en hul lewens verwoes!! Die kind gaan nooit weer in haar lewe ‘normaal’ kan wees nie en met die letsels – fisies en emosioneel – rondloop. Hy het die kind van haar menswees ontneem.

Hoe wens ek die doodstraf was nogsteeds ‘n straf in ons land. Die man hoort nie in die samelewing nie en ‘n tronk is te goeie plek vir hom. Hy verdien die doodstraf, want dis wat hy met die kind gedoen het.

My hart is stukkend…my gebede met die kind en haar familie.

Magriet Breedt ·

Ek wens hulle kan die doodstraf terug bring dat di Mense wat die kinders so seer maak gestraf word!!!!As n mense lees lees jy net van iemand wat n kind seermaak,Kinders is n geskenk van God af,WENS net dit kan gestop word dat kinders so mishandel word en verkrag word ens…God gaan hul hard straf!!!!!!!!!!!!

Mari ·

VARK! Wens ek kon hom vir net twee minute gou sien waar hy aangehou word!

Charlene ·

God slaap nie, dis wreed. Woorde kan dit nie eers beskryf nie.

Meisie ·

Amy, Ek voel nes jy, hy behoort in `n tronk waar net geharde misdadigers aangehou word, om daar elke dag vir jare en jare verkrag te word, en as daar amper niks van hom oorgebly het nie, kan hulle hom maar in `n mynskag afgooi en van hom vergeet!!!!!!!!!!

anonymous ·

Logies gesproke kind wat verkrag word deur n besem stok die kind se beentjies mut gebreek wees en als binne geskeer wees eks ni n terapeut eks nie stupid ek weet van beter

Teleurgesteld ·

Gisteraand het iemand gese die misdadiger moet “rot in jail”, maar die straf is te lig.
Die tronk is ‘n STAATSHOTEL vir misdadigers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.