Seun beseer in tref-en-trap ná rooftog

Joshua O’Callaghan (11) is Vrydag tydens ‘n tref-en-trap-ongeluk beseer nadat hy hulp probeer ontbied het ná hy en sy oupa beroof is.

Beeld het Dinsdag berig Joshua en sy oupa, Lee Acorn, het by die Kleinfonteindam naby Benoni gaan visvang.
Trevor O’Callaghan, Joshua se pa, het gesê drie mans het hulle daar oorval en Lee met staalpype geslaan. Die rowers het ‘n beursie, hengeltoerussting en ‘n kombers gesteel. Joshua het na die N12-snelweg gehardloop om hulp te ontbied.

“Twee vroue het gestop om te help. Die volgende oomblik het ‘n donkergrys Merdcedes Benz in die noodlaan verbygejaag, Joshua getref en weggejaag. Joshua is deur die lug geslinger en het in die middellaan van die snelweg geland. Albei vroue het gedink hy is dood,” het Trevor gesê. Die vroue het deur aankomende verkeer gehardloop om hom by te staan. Een vrou het verhoed dat hy nie in sy eie bloed verstik nie terwyl die ander die verkeer gestop het.

“Toe Joshua in die ambulans wakker word, is die eerste ding wat hy gesê het dat sy oupa hulp nodig het en dat hulle sy ma moet bel.”

‘n Hengelaar by die dam het gesorg dat Lee mediese hulp kry. Joshua is Saterdag uit die hospitaal ontslaan met ‘n gebreekte been.

Volgens Trevor het hulle wrakstukke van die Mercedes opgetel waarvan ‘n reeksnommer moontlik sal help om uit te vind aan wie die voertuig behoort.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trudie ·

Mag onse Here gee dat daardie persoon opgspoor word. En mag die straf hoog wees. Geen genade net soos hy/sy ook geen genade vir die kind gehad het nie.

Cecilia O'Connell Behrens ·

Gee hom gas johanna! Sit hom op die snelweg en ry ook teen hom vas!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.