Seun wat glo ouers vermoor verkondig dit op Facebook

Herman Pienaar se Facebook-profielfoto wat hy glo kort voor sy ouers se moord opgelaai het.

Herman Pienaar se Facebook-profielfoto wat hy glo kort voor sy ouers se moord opgelaai het.

Herman Pienaar (35) en sy vriend, Clinton White (31), het Maandag in die hof verskyn in verband met die moord op Pienaar se ouers.

Maroela Media het vroeër berig Herman sr. en Christine Pienaar is Donderdagmiddag by hul huis in Valhalla in Centurion, Gauteng, doodgeskiet. Hul huishulp het Vrydagoggend net na 07:00 op hul liggame afgekom.

Pienaar en White is Saterdag in Boksburg aangekeer. Hulle albei staar twee aanklagte van moord in die gesig.

Maroela Media het Dinsdag van ʼn familielid, wat anoniem wil bly, verneem dat Pienaar na bewering bipolêr-depressief is. Hy het glo twee keer vantevore selfmoord probeer pleeg, en dat sy broer selfmoord gepleeg het.

Volgens die bron het Pienaar op die dag van sy ouers se moord glo op sy eie Facebook gesê hy gaan mense vermoor. Hy het glo op dieselfde dag ook ʼn profielfoto gelaai waarin dit blyk dat hy ʼn vuurwapen na die kamera rig.

Hy het omstreeks 15:00 die volgende of Facebook gepubliseer: “Hurt, always com’es back and that is what it is, hurt and pain and the deatʼn h that goes with it, well I only take the lives that go with the pain, so here I go, taking the least number of lives. You can thank me for that because if I had greater ambitions you would have been f****d as f****d could be.[sic]” Hy het daarna glo tussen 16:00 en 19:00 sy ouers geskiet.

Die Pienaar-egpaar se begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

Die twee verdagtes moet weer op 10 Maart in die hof verskyn. Hulle bly in aanhouding tot dan. White gaan na verwagting dan aansoek doen om borgtog.

Lees ook:
Seun vas oor ouers se moord
Polisie op soek na vermoorde egpaar se seun

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.