Skoolkinders beseer in busongeluk

Argieffoto: Netcare911

Meer as 40 skoolkinders is Maandagoggend beseer nadat hul skoolbus teen ʼn skuinste in Taylor’s Halt naby Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal afgerol het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê 42 leerlinge is beseer. Elf is ernstig beseer.

“Die leerlinge is op die toneel gestabiliseer en na verskeie nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.