Slagoffer van bendeverkragting vandag begrawe

Anene Booysen (17)

Sien ook die video onderaan die berig.

Anene Boysen, die 17-jarige meisie van Bredasdorp in die Boland wat dood is nadat sy verlede naweek deur vier mans verkrag en vermink is, word vandag in haar dorp tot ruste gelê. Daar vind ook Sondag ʼn gedenkdiens vir haar plaas.

Maroela Media het vroeër berig dat Booysen een van haar verkragters as haar voormalige kêrel geïdentifiseer het voor sy in die hospitaal oorlede is. Veiligheidswagte het Saterdagoggend op Booysen afgekom. Booysen het Vrydagaand saam vriendinne gekuier en is later deur die mans verkrag en erg aangerand. Haar liggaam is ook erg geskend. Booysen is na die Tygerberg-hospitaal geneem waar sy Saterdagaand oorlede is. Drie mans is sedert die voorval in hegtenis geneem. Die voorval word uit verkeie oorde streng veroordeel. President Jacob Zuma het vir die strengste moontlike straf gevra.

eNews het vandeesweek met die slagoffer se pleegma gepraat en dié nuusberig op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Mnr Zuma,vra vir die ergste stref,en dit kan alleenlik die doodstraf wees.Sulke barbare moet nie lewe nie.N o

Elize ·

Mnr Zuma,vra vir die ergste stref,en dit kan alleenlik die doodstraf wees.Sulke barbare moet nie lewe nie.N o

Annamie ·

Sulke mense hoort ni ini samelewing ni. Ek stem saam met president Zuma, di doodstraf moet terugkom. Normand is meer veilig now en wat gaan van ons arme konders word….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.