Slang maak Gautrain-verbruiker bang

gautrainʼn Een meter lange rinkhals het ʼn Gautrain-pendelaar só op hol dat hy sedert Dinsdag nie sy motor van die Midrand Gautrain-stasie wou verwyder nie, het Times Live Vrydag berig.

Brian Mabasa het Dinsdagoggend glo sy BMW by die Gautrain-stasie in Midrand parkeer en is van daar na sy werk. Toe hy die middag terugkeer, het die polisie, ʼn slanghanteerder en veiligheidswagte om sy voertuig saamgedrom.

Times Live berig veiligheidswagte het die slang in die parkeergebied gesien, en toe hulle dit wou vang, het dit onder Mabasa se voertuig ingeseil en in die onderstel skuiling gaan soek. ʼn Slanghanteerder, André Prins, het aan die koerant gesê hulle het alles in hul vermoë gedoen om die slang uit te haal, maar selfs die polisie se pepersproei wou nie werk nie.

Mabasa is egter nog nie bereid om sy motor te skuif nie, omdat niemand kan bevestig dat die slang uit is nie. “Ek is nie oortuig dat die slang weg is nie. Hulle het my Woensdag gebel en gesê hulle het weer die slang gesien,” het hy gesê.

Klik hier om Errol Braithwaite, uitvoerende hoof van Gautrain, se skertsende reaksie op die situasie te lees.

Bron: Times Live

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.