“SMS-veldtog is kwaadwillig,” sê PTA-stadsraad oor naam

red pretoria naambordDie Tshwane-stadsraad van Pretoria het Dinsdag bevestig dat hulle nie die beplande openbaredeelnamevergadering op 12 Oktober gaan hou om die verandering van Pretoria se naam te bespreek nie.

“Die metro het besluit om nie die vergadering te hou nie, hoofsaaklik om die voorgestelde konsultasieproses te finaliseer,” het Blessing Manale, ʼn woordvoerder van die metro, aan Maroela Media gesê.

“Die konsultasieproses sluit interaksie in met verskeie instellings en organisasies, want ons glo die besluit oor die naam van die nasionale hoofstad berus nie uitsluitlik by die inwoners of by ʼn minderheidsgroep nie – anders as wat geargumenteer word deur AfriForum.” Manale het gesê die metro beskou AfriForum se SMS-veldtog as kwaadwillig, oneerlik en lafhartig, aangesien die veldtog nie aan inwoners of enige respondent ook die geleentheid bied om hul steun vír die naamsverandering te toon nie.

Volgens Manala is AfriForum se jaarlikse gratis musiekkonserte by die Voortrekkermonument gemik daarop om die emosies van Afrikaners te vergiftig. Hy sê AfriForum wil Afrikaners laat glo die naamsverandering van die hoofstad is ‘n aanval op Afrikaners se erfenis, “’n strategie waarop AfriForum steun elke keer as daar ‘n behoefte vir konsultasie en bespreking van nasionale eenheid en samehorigheid opduik.”

“Kgalema Motlanthe, adjunk-president, het op Erfenisdag in Mdantsane ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die kwessie van naamsveranderings op ʼn vriendskaplike manier op te los,” het Manala gesê. “Hy het verder beklemtoon die versuim om dít te doen, sal gemeenskappe, wat moeg raak vir die stadige spoed waarteen transformasie 20 jaar ná demokrasie plaasvind, verder polariseer.”

Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum, het Dinsdag in reaksie op die metro se kommentaar aan Maroela Media gesê die metro het al voorheen openbaredeelnamevergaderings oor die naamsverandering gehou. “Tydens daardie deelnameprosesse het 81% van Pretoria se inwoners en instansies ten gunste van Pretoria gestem. As hulle nie met hul eie veldtog steun vir Tshwane kon inwin nie, moet hulle dit nie van ons veldtog verwag nie,” het Kriel gesê.

Lees ook:
Pretoria-naamvergadering van die baan ná derduisende SMSe
Pretoria se naamstryd nou snelwegnuus
Meer as 100 000 stem in een dag vir Pretoria-naam
AfriForum: “Kulturele vandalisme van Pretoria se naam belemmer Erfenisdag”
AfriForum sê ANC-wraaksug is die rede vir naamsveranderings
81% wil glo Pretoria se naam behou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Paul ·

Dis nie “kwaadwillig, oneerlik en lafhartig” nie, maar dit is wel eensydig om slegs geleentheid te bied om steun vir “Pretoria” te wys en geen geleentheid om steun vir “Tshwane” te wys nie.
Prakties twyfel ek egter of dit ‘n verskil sou gemaak het – AfriForum sou dalk so paar duisens SMSe vir “Tshwane” ontvang het, maar niks noemenswaardigs nie.

Johan ·

Hulle gaan die naam in elkgeval verander, met of sonder enige steun. Want hulle kan.

Sarie van Niekerk ·

Een of ander onbekende ou kamma voorvader se gees wat nie tot ruste wil kom nie. Zuma het seker maar weer beloftes aan die gees se familie gemaak

Sarie van Niekerk ·

Die ANC bewys net weer hoe agteraf en hoe rukstekers hulle werklik is deur nou uit die vaar teen die SMS veldtog. In vorige opnames het 81% inwoners van Pretoria en dit sluit duisende swartes ook in, ook reeds teen die naamsverandering gestem. Die ANC vaar nou uit teen Afriforum se gratis konserte by die Voortrekkermonument, wat van al hul gratis funksies wat met elke vakansiedag gehou word? Wat van kospakkies en komberse wat in wyke uitgedeel word twee dae voordat daar tussenverkiesings in die wyke gehou word? Wat wil hulle daardeur vir die kiesers se? Ag kom nou ANC julle is 20 jaar aan bevind maar tree nog steeds soos ‘n spul stout kinders wat nie hul sin kry op nie. Daar heers grootskaalse armoede in Pretoria, grootskaalse werkloosheid maar julle is bereid om miljoene rande aan die verandering van die stad en sy strate se name te spandeer. Julle is bereid om R35 miljoen vir Byonce te betaal vir ‘n konsert wat die belastingbetalers waarskynlik miljarde rande gaan kos. Hoekom nie daai geld gebruik om aan plakkers behoorlike huise te gee, om ontslae te raak van plakkerskampe nie, om bedelaars van die strate af te kry deur werkskepping nie. Ag nee man moet tog asseblief nie soos ‘n spul stout kinders optree nie. Julle is nou die regeerders van wat eens ‘n skatryk, vooruitstrewende, welgerekende land was en binne twintig jaar het julle dit totaal afgebreek. Word wakker julle kinders gaan ook maar nog steeds in plakkerskampe woon en ongeletterd wees as julle aangaan soos wat julle tans aangaan. Los tog nou Pretoria se naam uit!!!!!!!!!!!!

Adoons ·

Kan ons nie dreig met ‘n munisipale belastingboikot as hulle aanhou foeter met die naamkwessie nie?

Ek ·

Sorg dat alles in die land weer op standaard kom en kry dienste reg. Daarna kan die mense na sulke onbelangrike goed soos straatname plekname begin argumenteer. Nie dat dit regtig sal help nie. Dit is net ‘n uitstel en sal een of ander tyd gebeur. Geld is daar nie eers om hospitale ens. skoon te kry nie, maar daar is geld vir onbelangrike belaglike goed Waar lê die prioriteite?

bileam se donkie ·

Mooi so,die anc kan nie net aangaan soos hul wil nie

Maggie ·

Stem 110% saam Sarie en Adoons dink ons moet regtig munisipale gelde terug hou, hul sal vinnig van deuntjie verander as daar nie geld is nie.

wllie ·

Die klomp ape wat so graag praat van ons Afrikaners praat asof ons nie breins het nie, moet ophou om dit wat ons Afrikaners opgebou he af te breek. Vraag is: wat het die regerende party hierdie laaste 20 jaar werklik opgebou?

Jan ·

Hulle het nou weer niks anders om te doen nie. ons belasting gelde is mos alklaar gemors, nou is hul verveeld. Plaas gee hul meer aandag aan die plaas moorde. Boere groei nie aan bome nie, bring eerder die doodstraf terug.

Morne Willemse ·

Ek glo naam verandering is n strategie om die verlede te her skrywe vir die toekomstige generasies, ‘n tipe indoktreneurings strategie deur die politieke staat vir nasie bou onder volke wat hulle aangestel het.

Ons moet die naam behou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.