Soldate word uit SAR onttrek

Soldate sing Dinsdag tot eer van hul gevalle kollegas by Swartkop-lugmagbasis Foto: Werner Beukes/SAPA

Suid-Afrika se troepe word van die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) onttrek, het die Suid-Afrikaanse Verdedingsunie Dinsdag gesê.

“Slegs 18 soldate sal in die SAR oorbly; ten minste 200 soldate is onttrek en word by die grens afgelaai,” het Pikkie Greeff, woordvoerder, gesê. Die SAR se lughawe in Bangui is onder beheer van die Franse weermag wat Suid-Afrika se toerusting veilig sal bewaar totdat dit veilig na die land teruggebring kan word.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Dertien Suid-Afrikaanse troepe is op 23 Maart tydens ‘n skermutseling met rebelle buite Bangui doodgeskiet en 27 is gewond. Hulle is reeds na Suid-Afrika teruggebring en in 1 Militêre hospitaal in Pretoria opgeneem. Suid-Afrika het soldate na die SAR gestuur kragtens ‘n ooreenkoms wat in 2007 onderteken is om die SAR-weermag op te lei. ‘n Bykomende 200 soldate is na die SAR gestuur toe sekuriteit laat in 2012 afgeneem het om die opleiers en Suid-Afrikaanse militêre bates, wat reeds in die SAR was, te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.