Solidariteit: Stop ‘ras-tellende’ aksie

Die vakbond Solidariteit het ʼn reuseveldtog aangekondig waarin ʼn alternatiewe idee vir regstellende aksie in Suid-Afrika bekend gestel word.

Die veldtog sal onder die slagspreuk, Stop Ras-tellende aksie, gevoer word en duisende Suid-Afrikaners sal deur e-pos, SMS’e, ʼn spesiale webbladsy en sosiale media by die veldtog betrek word. Volgens Solidariteit word te maklik aanvaar dat die regering se idees oor regstellende aksie die enigste is. “Ons wil deur die veldtog die regering se regstellendeaksie-idee uitdaag en wys dat die manier waarop die regering regstellende aksie toepas, nie net teen die letter en gees van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika is nie, maar sleg is vir alle Suid-Afrikaners,” sê Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Hierdie veldtog word van stapel gestuur te midde van Solidariteit se hofsaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) oor regstellende aksie. “Die DKD-hofsaak het ons gewys wat die absurde gevolge van ʼn suiwer rasgebaseerde program van regstellende aksie is. Indien die regering se plan tot in die fynste besonderhede in die Wes-Kaap toegepas word, beteken dit dat daar sowat een miljoen bruin Suid-Afrikaners te veel is omdat bruin Suid-Afrikaners ongeveer 53% van die bevolking in die Wes-Kaap uitmaak, maar nasionaal minder as 10% van die bevolking is. Bruin Suid-Afrikaners moet dus letterlik van 53% na 10% afbestuur word, bloot omdat ʼn sakrekenaar die statistiek bepaal. Die enigste wyse waarop dit bereik kan word, is deur ʼn groot maatskaplike manipulasieprogram en gedwonge verskuiwings,” sê Hermann. “Die regering se benadering het in ʼn wiskundige rassebenadering ontwikkel waarin mense met syfers vervang is. Dit het niks meer met regstelling te doen nie, maar alles met ras.”

Volgens Hermann aanvaar Suid-Afrikaners en veral groot sakelui te maklik dat dit wat die regering sê, die enigste manier van doen is. “Wat ons in Suid-Afrika nodig het, is ’n behoorlike stryd om idees. Ons doen ʼn beroep op akademici, vakbond-, kerk- en gemeenskapsleiers, maar veral op groot werkgewers in die sakewêreld om krities te wees oor die regering se regstellendeaksieprogram en te soek na alternatiewe wat werk.” Hermann beklemtoon dat die regering se idee van rasseverteenwoordiging eenvoudig nie werk nie. “Hulle wil dit nie erken nie, maar eerder strenger wette maak om ʼn onwerkbare idee meer aggressief toe te pas.

“Die antwoord lê nie in strenger rasseteikens nie, maar in ’n beter onderwysstelsel sodat mense bemagtig word om self aan die ekonomie deel te neem. Daar is nie genoeg vaardighede beskikbaar om die regering se teikens te haal nie. Die regering se mislukking op onderwysgebied beteken dat die regering, en nie rassistiese werkgewers nie, die grootste rede vir die mislukking van regstellende aksie is.”

As deel van die veldtog het Solidariteit ’n omvattende verklaring op sy webwerf, www.solidariteit.co.za, gepubliseer waarin sy kritiek teen die regering se regstellendeaksieproses uiteengesit en ’n alternatiewe denkraamwerk bekendgestel word wat daarop fokus om menskapasiteit te ontwikkel en dienslewering te verbeter, met sterk klem op opleiding en ontwikkeling. Die Solidariteit-benadering is nie net op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika gegrond nie, maar ook in ooreenstemming met internasionale reg en tendense. “Solidariteit verwag dat duisende mense oor Suid-Afrika heen die verklaring gaan steun. Dit is nie ʼn wit verklaring nie, maar ʼn verklaring wat alle Suid-Afrikaners wat ’n voorspoedige Suid-Afrika wil sien, sal steun.”

Indien mense die veldtog wil steun deur R10 vir Solidariteit se veldtog en hofsaak teen rasgebaseerde regstellende aksie te skenk, kan hulle die woorde “stop ras” na 38968 stuur. Die verklaring kan by www.solidariteit.co.za ondersteun word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan van Antwerpen ·

Dankie vir die goeie werk. Ek ondersteun dit 100%

Leslie ·

Ek steun julle 100%
Ons grooste gevaar is die liberalities blankes wat alles doen om onmin te saai waar hulle kan, hulle gebruik apartheid meer as die swart mense of kleurlinge

H J Bester ·

Dankie Solidariteit vir die belangrike taak wat julle verrig – ek maak graag ‘n bydrae vir julle veldtog.

W Pienaar ·

Regstellende aksie is niks anders as rassisme nie. Geen verskonings, dit moet staak!

Ingrid Marais ·

Education increases regional prosperity. Adding one year to the average years of schooling among the employed in a metropolitan area is associated with an increase of real GDP per capita of more than ten percent, and an increase in real wages per worker of more than eight percent.
• Better educated = bigger benefits. The better educated the worker, the greater the benefit of additional schooling, to both the worker and the region. Add one year of college to a region’s workforce, for instance, and GDP per capita jumps 17.4 percent.
• Clusters count. In metros with clusters of high-skilled occupations, the share of workers holding at least a master’s degree is much higher than in metros without significant clusters, perhaps because of the intense competition for employment.

Ek staan 100% agter julle –

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.