Solidariteit verklaar loongeskil met Telkom

Die vakbond, Solidariteit, het ʼn geskil na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys ná loononderhandelinge tussen vakbonde en die telekommunikasiereus, Telkom, op ʼn dooiepunt uitgeloop het. Vakbonde het Telkom se finale loonaanbod van ʼn 1,5%-verhoging verwerp.

Marius Croucamp, woordvoerder van Solidariteit, sê loononderhandelinge met Telkom het in Maart vanjaar begin en ná vyf rondes van onderhandelinge is nog geen vordering gemaak nie. “Solidariteit eis ʼn loonverhoging van 8,8%. Dit is gebaseer op die verbruikersprysindeks van 5,8% plus 3%. Ons is meer as bereid om met Telkom te onderhandel en sal enige billike aanbod van die werkgewer aan ons lede voorlê.”

Die datum waarop die KVBA die saak sal aanhoor, is nog nie bekend nie.

Solidariteit is intussen ook steeds in gesprek met Telkom oor die vrywillige skeidingspakkette en vroeë aftrede-pakkette wat hy vroeër vanjaar vir sy hele werksmag van nagenoeg 21 000 werknemers aangebied het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.