Springkasteelmotor skok seuntjie dood

Ruan Pieterse en sy stiefma, Tersia Madelyn. Foto: Facebook

Ruan Pieterse, ʼn 5-jarige seuntjie van Pretoria, is Sondag deur ʼn springkasteelmotor doodsgeskok.

Die voorval het by Stonehaven-on-Vaal naby Vanderbijlpark plaasgevind, berig Beeld.

Ruan en sy niggie Cheverné (7) het mekaar om die springkasteel gejaag toe Ruan in ʼn blombedding langs die kasteel geval het.

Hy wou homself teen die motor optrek toe dit hom geskok het. Sy niggie het hom probeer optrek, en is ook geskok waarop die motor op die kinders geval het. Volwassenes is van die voorval in kennis gestel en Cheverné kon van onder die motor gered word, voor die kragtoevoer afgeskakel is.

Ruan is op die toneel dood verklaar. Cheverné is op die toneel behandel. Sy het elektriese brandwonde op haar bene en haar tong opgedoen.

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur.

ʼn Ondersteuningsgroep is vir die gesin op Facebook begin. Besoek dit hier.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.