Staat laat vaar aanklagte teen Mangaung-‘regse’

Alle aanklagte is teen Hein Boonzaaier (links) laat vaar. Foto: SABC

Die staat het Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof alle aanklagte teen Hein Boonzaaier (50) laat vaar.

Boonzaaier, van Centurion in Gauteng, is een van die vier mans wat daarvan beskuldig is dat hulle in Desember beplan het om ANC-hoës tydens die party se Mangaung-leierskonferensie te vermoor.

Hy is deur die landdros gevra om homself van alle toekomstige hofverrigtinge te verskoon. Boonzaaier was vroeër op borgtog van R80 000 vrygelaat terwyl sy drie medepligtiges borgtog geweier is.

Die vier is op 16 Desember in hegtenis geneem nadat hulle glo die eetsaal waarin pres. Jacob Zuma en nog ANC-hooggeplaastes op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat sou eet, met mortiere wou bestook.

Boonzaaier het Vrydag voor hy vrygespreek is saam met Johan Prinsloo en Mark Trollip in die hof verskyn. Prinsloo en Trollip word onder andere aangekla van hoogverraad en sameswering om terreurdade te pleeg. Die ander verdagte, Martin Keevy, het nie in die hof verskyn nie, omdat hy vir psigiatriese evaluering gestuur is om te bepaal of hy geskik is om verhoor te word. Hy moet weer op 20 September in die hof verskyn om sy pad vorentoe te bepaal.

Intussen is die verhoordatum van Prinsloo en Trollip bekend gemaak. Die twee gaan na verwagting van 4 tot 15 November in die Bloemfonteinse hooggeregshof verhoor word.

Lees ook:
Mangaung-komplot: Verdagte se brief uit tronk
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Mangaung: Verregse se saak weer uitgestel
‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel
Mangaung: Verregses se saak uitgestel
Wending in “regse komplot”-saak
Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”
Drie ‘regses’ borg geweier
Verregses steeds agter tralies
Video: Hier kom die “Boere-ninja”
Mangaung: Verregses verskyn in die hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

H J Bester ·

Trippie jou kommentaar is net so niksseggend soos die van Naal de Koker.

Johann ·

Sommiges wil maar net iets sê HJ al is dit niksseggend om die selfvertroue ‘n hupstoot te gee.

Trippie ·

Henning, hierdie is nie die eerste belediging van jou af nie. Ek het, na jou inskrywing op Nuus24 waar jy my kommentaar afgemaak het as PLATVLOERS, vir jou ‘n boodskap na jou Facebook gestuur.

Wat vir my vreemd is, jy het soveel maal in die verlede die moeite gedoen om direk op my skrywes te reageer, ALTYD sinvol en ek het dit ALTYD die moeite werd geag om te lees.

Waarom jy dit nodig vind om my, nou vir ‘n DERDE keer te beledig, weet ek nie.

Ek stel dit duidelik aan jou – ek wil met GEEN Blanke persoon in onmin leef nie, ook nie met jou nie.

Daar moet tog ruimte gelaat word vir ‘n bietjie humor ook en ek gaan nie nou my persoonlik verander net omdat jy nie daarmee saamstem nie.

Groete

Flash ·

Ons het mos geweet dit is weer a SAP/ANC ‘framing’ oefening. Net soos met die arme ‘boermag’ manne wat al 10 jaar sit en wag het vir verhoor en toe op vals getuienis skuldig bevind en gevonnes is.
Ek hoop hy dagvaar die polisie manne wat hom valslik arresteer het in hulle persoonlike hoedanighede vir miljoene. Van die minister tot die konstabel, elkeen vir sy aandeel.
Solank die belastingbetalers net nie weer vir die skurke moet instaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.