Stander was ‘legende in wording’

Burry Stander. Foto: Facebook

Burry Stander (25), Suid-Afrikaanse bergfietskampioen, is Donderdagmiddag glo deur ‘n taxi doodgery.

Mylene Loumeau, woordvoerder van Fietsry SA, sê Stander het teruggekeer van ʼn oefenrit in Shelley Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus toe hy deur ʼn voertuig getref is. Hy is op die toneel dood. Stander het verlede jaar by die Olimpiese Spele in Londen vyfde in die veldren geëindig. In 2011 het Stander die eerste Suid-Afrikaner geword om die Cape Epic-ren in die Wes-Kaap te wen en het hy en sy spanmaat dit weer verlede jaar gewen. “Dit is die hartseerste nuus wat ek nog ontvang het sedert ek 10 jaar gelede by fietsry in Suid-Afrika betrokke geraak het,” het Kevin Vermaak, die stigter van die Cape Epic-ren, gesê. “Ek is ontsteld dat die wêreld ontneem is van ‘n ware legende in die wording. Nou sal ons nooit weet hoe groot hy bestem was om te wees nie.” Stander is in Mei verlede jaar met Cherise Taylor, ook ʼn fietsrykampioen, getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willie ·

Hi ons was daar, dit moes net oomblikke terug gebeur het, ons het aan gery gekom toe sien ek dis n jong man maar ni geweet dis Burry Stander nie. Ek kon als sien en het soos n meter van hom af verby gery.Ai kon nie glo toe ons dit op die radio gehoor en facebook gesien het nie. Dis so jammer ai!!!!!! Sterkte aan die Stander familie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.