Stappe om ontvoerde SA egpaar te bevry

Pierre Korkie

Die minister van internasionale betrekking en samewerking sê die regering het stappe geneem om die Suid-Afrikaanse egpaar wat in Jemen ontvoer is te bevry.

Minister Maite Nkoana-Mashabane het aan verslaggewers gesê amptelike kanale word gevolg om nie die situasie rondom Pierre en Yolande Korkie se ontvoering te versleg nie. “Dit is vir ons van kritieke belang dat ons voortgaan om inligting met die regering daar en die familie hier in Suid-Afrika uit te ruil. Ons het al in die verlede soortgelyke uitdagings gehad en ons sal dieselfde metodes volg. [Die saak is] baie sensitief en jy gaan nie soontoe en wees oorywerig en stel sodoende die lewens van die mense wat jy probeer red in gevaar nie.”

Maroela Media het gister berig dat die egpaar van Bloemfontein in ʼn bergagtige gebied in Hazm al-Udain, sowat 50km van die hoofstad Taiz, deur millitante van Al-Kaïda aangehou word. Die egpaar en hul twee kinders was op pad na Suid-Afrika om Pierre se pa se begrafnis by te woon, toe hulle ontvoer is. Pierre het glo as ʼn Engelse onderwyser in Jemen gewerk. Die paartjie was glo betrokke by die ontwikkeling van die hotel waar hulle ontvoer is en hul ontvoering hou glo verband met ʼn gronddispuut tussen ʼn plaaslike leier en owerhede.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.