Studenteraad kry interdik teen TUT

Betogers Donderdag buite TUT se hoofhek. Foto: Nomusa Khanyi, Twitter

Betogers Woensdag buite TUT se hoofhek. Foto: Nomusa Khanyi, Twitter

Die Sosialistiese Jeugbeweging (SYM) en die studenteraad van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het Saterdag ʼn interdik bekom teen die uitsetting van studente uit TUT se koshuise.

Elmond Magedi, nasionale sameroeper van die SYM, sê die hooggeregshof het TUT se bestuur beveel om studente onmiddellik weer tot die koshuise toe te laat. TUT is glo ook beveel om die koste van die hofaansoek te betaal. TUT het studente vroeër die week beveel om die koshuise te ontruim en die universiteit tot verdere kennisgewing gesluit nadat studente betoog het oor die nasionale studentefinansieringshulpskema (NSFAS) se tekort aan fondse. Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, sê die universiteit het besluit om die kampus te sluit ten einde studente se veiligheid te verseker en eiendom te beskerm. TUT het Vrydag ʼn interdik bekom om die betogings te stop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.