Aanrandingsvideo is dalk oud, sê polisie

CaptureDie polisie sê ‘n video wat wys hoe ‘n vrou erg aangerand word deur ‘n groep mense wat onder meer ANC-hemde aanhet, is moontlik nie van ‘n onlangse voorval nie.

“Ons het die video gesien, dit lyk oud. Dit lyk nie of dit onlangs gebeur het nie,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, gesê. “Ons moet steeds die egtheid van die video vasstel aangesien niemand weet waar dit vandaan kom nie.”

Die video van sowat twee minute wys hoe ‘n vrou in ‘n oranje T-hemp op die grond lê en deur omstanders geskop word. Van die mense spring ook op die vrou terwyl ‘n ander man haar erg met die agterkant van ‘n byl aanrand. Van die omstanders in die video het ANC-hemde aan.

The Star berig dat die video deur Adriana Stuijt, ‘n oud-joernalis wat in Nederland bly, op sosiale media versprei is. Stuijt het aan die koerant gesê dat die aanval verlede week op verkiesingsdag plaasgevind het en dat die vrou ‘n lid van Cope is. Sy sê die aanval het in Gauteng plaasgevind waar daar volgens haar steeds geweld na die verkiesing voorkom.

Makgale het ‘n beroep gedoen op mense om die polisie te kontak indien hulle enige inligting oor die video het.

Die video was vroeër op verskeie webtuiste beskikbaar maar is intussen verwyder. EWN het ‘n geredigeerde weergawe van die video op sy webtuiste gelaai. WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel. Klik hier om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Dit is INDERDAAD ontstellend. Of dit oud is of nie, dit bly barbaars.

Ek het baie respek vir Adriana, sy doen goeie werk vir ons.

jakes ·

Mos maar hul kultuur. Hetsy ou of nuwe video dai kader parlement toe! Gen.gen-maj.kol.

Pieter Labuschagne ·

Oud of te not, ons in die buiteland moet weer bontstaan en probeer verduidelik dat Suid Afrika eintlik baie “mooi” is en dat hierdie voorval “buitengewoon” was. Helaas, prentjies is veel duideliker as woorde! Ons sal aanhou probeer om Suid Afrika se vlag hoog te probeer hou maar dit is nie altyd ewe maklik nie…… :-(

Shannon ·

Jy’s na die buiteland maar jy meen jy’s nog trots op die land. Aldus die hoge vlag ? Huh ?

Marlene ·

Nee Pieter, hoekom ‘n pragtige prentjie skilder van hierdie gebroke land – PRAAT DIE WAARHEID, dit gaan NIE goed met ons mense nie. Moenie ander mislei nie. Ek bedoel dit goed.

leana ·

Pieter dit help nie om die mense te mislei nie. Vertel hulle die WAARHEID oor Suid Afrika !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.