Aardbewing: Orkney-skole beskadig

Die skool se rekenaarlokaal. Foto: SAPAVier klaskamers van ʼn skool naby Orkney is erg beskading tydens Dinsdag se aardbewing, waarvan die episentrum skaars 6 km van dié Noordwes-dorp af was.

Die rekenaarlokaal van die Vuyani-Mawethu Sekondêre Skool in die Khuma informele nedersetting het die meeste skade opgedoen, en die mure en plafon het ineengestort.

Leerlinge wat in die lokaal was toe die aardbewing plaasgevind het, is nie beseer nie. Graad 10- en Graad 12-leerlinge is Woensdag huis toe gestuur omdat hul klaskamers te erg beskadig is.

Geboue by die Borankanelo Sekondêre Skool is ook beskadig. Regeringsbeamptes is in die gebied om die omvang van die skade te bepaal.

Maroela Media het vroeër berig nagenoeg 400 huise, asook drie klinieke is in die omgewing tydens die aardbewing beskadig.

Die aardbewing is in groot dele van die land gevoel.

Volgens die Raad vir Geowetenskappe het die aardbewing 5.5 op die Richterskaal gemeet. Een persoon is dood, en talle mynwerkers was vir etlike ure in ʼn mynskag in die omgewing vasgekeer.

Lees ook:
Aardbewing: Drie klinieke in NW beskadig
Aardbewing: Minstens 400 huise in Orkney beskadig
Aardbewing: Hoë geboue in Vrystaat ontruim
Aardbewing: Mynwerkers beseer by Noordwes-myn
Aardbewing: Mynwerkers nie vasgekeer
Mynwerkers vasgekeer na aardbewing
Aardbewing ruk groot dele van SA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.