AfriForum Jeug bevraagteken UP se optrede oor ‘swart-gesig-foto’

Die foto wat op sosiale media versprei word

Die foto wat op sosiale media versprei word

AfriForum Jeug het vandag die Universiteit van Pretoria (UP) se reaksie op die foto van twee vrouestudente wat hulle gesigte swart geverf het, bevraagteken.

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, sê hulle bevraagteken UP se reaksie omrede tugstappe oor ʼn insident wat by ʼn private funksie plaasgevind het, ʼn inbraak op dié studente se privaatheid maak.

“Daar moet ʼn duidelike lyn wees tussen ʼn persoon se privaatlewe en dit wat werklik die beeld van die UP skade kon berokken. Dit is ʼn gevaarlike roete as ʼn universiteit moet optree teen elke student wat dalk teveel mag drink, ʼn verkeersreël oortree of in ʼn bakleiery buite die universiteit betrokke raak.

Om die beeld van die UP as rede voor te hou is hopeloos te wyd en gee eerder die universiteit net geleentheid om selektief op te tree teen studente se privaatlewens soos hulle goed voel,” het Maree gesê.

AfriForum Jeug sê hy is van mening dat die voorval uit verband geruk word deur belangegroepe wat hulle eie agendas dryf. Dit kom voor of die gevoel op sosiale media ook dieselfde is.

“Ons moet waak daarteen om enige en alle optredes dadelik aan rassisme toe te reken,” sê Maree.

“Die foto is beslis nie vergelykbaar met werklike rassistiese optredes soos ʼn ‘Kill the Boer’ pamflet nie,” voeg hy by.

Die Menseregtekommissie het vroeër bekend gemaak dat hy die sogenaamde ‘swart-gesig-foto’ gaan ondersoek.

UP het ook vroeër aangekondig dat die twee studente uit hul koshuis geskors is. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die universiteit se naam in oneer gebring het. Die foto is op sosiale media versprei.

Lees ook:
MRK ondersoek ook ‘swart-gesig-foto’
‘Swart-gesig-foto’: Studente uit koshuis geskors
Tugstappe teen studente oor ‘swart gesigte’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Maraai ·

Ag regtig? Het hulle niks beter om te doen nie? Los die kinders dat hulle hulself geniet…Skors? As gevolg van so iets belagliks? Dis verregaande….

Gerald ·

Ek sal verseker twee keer dink die volgende keer, as ek n klein swart mensie by n robot met n wit geverfde gesig sien, om hom n geldjie te gee. As wit mense wat hulle gesigte wit verf, rasisties is, is n swart mens met n wit gesig net so rasisties!!!

Belinda ·

Ditto Gerald ek stem saam met jou so my beursie is ook toe…………………

Grassie ·

Afriforum – moet nie net die UP se optrede bevraagteken nie, dit gaan nie help nie. Klim in en doen iets daadwerkliks. Trap hulle tjank af. Julle kan mos. Moenie dat hierdie twee jonge dames onskuldig benadeel word deur mense met ‘n verskuilde agenda nie. Laat dit sommer ook ‘n boodskap uitstuur dat enigiemand wat op ‘n persoon trap omdat sy of haar vel wit is, voortaan sterk teenkanting gaan kry.

Leon ·

So swartmense soos Trevor Noah kan spot met blankes en dit is nie rasisme nie (Ek weett dit is nie) maar die oomblik as ‘n blanke met swartmense spot is hy ‘n rassis. Die wat die foto as rassisties afmaak is self rassiste.

Jook ·

Hierdie kinders het die universiteit nie in meer diskrediet gebring as wanneer ‘n klomp dronk mansstudente sou amok maak nie. Daarteen word nie opgetree nie.

Die universiteitsowerhede moet eerder studente ondersoek wat akademies droogmaak.

Jook ·

Hierdie kinders het die universiteit nie in meer diskrediet gebring as wanneer ‘n klomp dronk mansstudente sou amok maak nie. Daarteen word nie opgetree nie.

Die universiteitsowerhede moet eerder studente ondersoek wat akademies droogmaak.

david ras ·

As die Mense regte kommissie nou ook gaan ondersoek instel, kan hulle bevindings slegs op die fotos van die meisies berus. Indien die MRK sou meen dat volgens die fotos die meisies rassisties was, wonder ek nou oor spotprente van bv Julius Malema, of pres. Zuma dan ook so beoordeel moet word.
Wat is nou die verskil tussen ‘n foto wat per ongeluk in die openbare domein beland, en ‘n spotprent wat doelbewus in die openbare domein geplaas word ?
Tuks en die MRK het in hulle haas om twee Afrikaanse meisies by te kom, ‘n stap geneem wat hulle nie behoorlik deurdink het nie.
Ek hoop diegene in Tuks wat vir die skorsingsbesluit verantwoordelik is, is goeie vriende met hulle bankbestuurder en het goeie prokureurs. !!

Shannon ·

My hart trek `n punt. Girls met `n skerp sin vir humor. Hoe mis ek dit nie. Vol punte.
Verstommend hoe ontstoke mense raak. Sou dit die selle reaksie ontlok het indien `n Thandi en `n Nomsa hul self wit geverf het ?

HEVW ·

Ag, mense kyk tog net die mooie lyfies en los die swart gesigte. Hoeveel kussings is daarin gestop of het ons met die werlikheid temake? Geniet die humor. Afriforum help n bietjie daar. Almal wat so n bohaai opskop se onderrokke hang uit. Ons wil darem nog so n ietsie in ons privaatheid geniet. As dit nie meer kan nie wat bly daar vir ons in ons eie land oor?

Tobie ·

Wat betref die UP-rektoraat se besluit om die jongdames uit die koshuis te skors, die volgende: watse skade is deur wie gelei a.g.v. hulle grappie? Wie het regtig gaan kla, behalwe die DA Studenteorganisasie en watter skade het HULLE gely? Dis nou die DA wie se leier so gereeld soos ‘n huisbediende aantrek, met die enigste verskil dat sy NIE haar gesig swart verf nie, maar wit en rooi. As daar ‘n hulpfonds vir die meisies gestig word, en/of aksie geneem kan word om hulle verweer te ondersteun, sal die rande beslis inrol. Als is enkel en alleen deur Boerehaat gemotiveer. Maar eintlik behoort ons volk vir Prof Cheryl De La Rey baie dankie te se, want dit bevestig net weer die noodsaak van ons eie staat, eie territorium, eie staatskas, eie onderwysstelsel, ens ens ens.

Hennie ·

Ek is oortuig daarvan dat die rasistiese en gewraakte pamflet wat op die kampus versprei is, nie naastenby dieselfde polemiek gaan ontketen nie. Dit is mos absoluut polities korrek om alles wat “wit en Afrikaans” is, te vernietig!

Hennie ·

Maroela, julle is pateties! Waarom my objektiewe berig verwyder? Ek is ‘n lid van Afriforum en maak elke maand my bydrae. Het julle my geswartlys of wat? As julle enige karakter het, sal julle my per e-pos laat weet wat die probleem is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.