AfriForum Jeug eis dat Wessels-verslag verwerp word

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

AfriForum Jeug het vandag `n prokureursbrief aan die Raad van die Noordwes-Universiteit gestuur waarin die Raad versoek word om nie die Wessels-verslag in sy huidige vorm te aanvaar of na die minister van hoër onderwys te verwys nie.

AfriForum Jeug sê hy het hierop besluit nadat dit duidelik geword het dat die verslag nie aan die bepalings van die Wet op Gelykheid voldoen nie en tot onbillike diskriminerende en stereotiperende gevolgtrekkings kom.

“Die verslag is duidelik diskriminerend teenoor alle Afrikaners en grens selfs aan haatspraak. In die skrywe versoek ons dat die Raad die verslag verontagsaam. Indien hulle nie aan ons versoek gaan voldoen nie, sal ons die moontlikheid oorweeg om die Raad ook ingevolge die Wet op Gelykheid aanspreeklik te hou,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

Maree sê artikels 10 en 12 van die Wet op Gelykheid bepaal dat niemand inligting mag publiseer wat redelikerwys vertolk kan word dat dit: krenkend of skadelik is; haat teen enige spesifieke groepering bevorder; of met die bedoeling geskied om onbillik te diskrimineer teen ‘n groep persone op grond van hulle ras of taal nie.

Maree sê volgens inligting wat reeds deur die media versprei is, is dit duidelik dat hierdie verslag teen wit mense in die algemeen en Afrikaners in die besonder diskrimineer deurdat hulle as die “oorsprong van die probleem” op die NWU se Potchefstroomkampus uitgebeeld word.

“Die NWU-Raad vergader weer op Donderdag 19 Junie en ons sal vanuit die Raad se antwoorde en die minister se optrede presies kan sien of daar aan ons versoek voldoen is,” het Maree afgesluit.

Klik hier om die prokureursbrief te lees.

Lees ook:
Raad wil Puk-verslag oor ontgroening eers verder bekyk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jessica ·

Die onafhanklikheid van Wessels se sg. “taakspan” en dus die wettigheid en geloofwaardigheid van die verslag is in elk geval lank voor die bekendmaking daarvan deur sy giftige uitlatings en vooroordeel teenoor die Afrikaanse gemeenskap tot niet gemaak.

Dit was g’n taakspan nie; eintlik ‘n Trojaanse perd wat die Puk-kampus binnegedroing het – met ‘n ANC-kader in die saal.

Ponti Venter ·

AfriForm, AfriForum Jeug, Solidariteit en alle ander wat so vinnig op Leon Wessels afspring: OPPAS – DIT GAAN VREESLIK BOEMERANG.

Daar is die van ons wat dertig-veertig jaar in die PUK-omgewing werk en weet wat aangaan. Onderdruk die Wesselsverslag, en dan baie mense verplig wees om die hele kan wurms oop te gooi.

HOU OP VOOR JULLE ALLES VERWOES.

Jessica ·

Ag kom nou Ponti, moenie so geheimsinnig en suinig met die inligting wees nie. Vertel ons veral of die kan wurms te doen het met die morele verrotting van alles waaraan die ANC se Bewind van Diewe raak.

Soos bv. hul politieke diefstal en fyn uitgewerkte verengelsing en Africanizing van Puk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.