Afrikaans word uitgesluit as SA-ruimtetaal

Een van Sansa se antennas by Hartebeeshoek, Gauteng Foto: Sansa, Facebook

Een van Sansa se antennas by Hartebeeshoek, Gauteng Foto: Sansa, Facebook

Afrikaans is nie een van die drie amptelike tale wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap (Sansa) in sy beleidsraamwerk vir die gebruik van drie amptelike tale in die oog het nie.

Die drie tale waarop besluit is, is Engels, isiZulu en Sepedi.

Die beleidsvoorstelle is op Sansa se webwerf gepubliseer. Die publiek het nog tot 16 April die geleentheid om op die beleidsvoorstelle te reageer. Stuur jou kommentaar oor die beleid voor 16 April na [email protected].

Die drie tale sal ook op die agentskap se webwerf gebruik word. Op die oomblik word slegs Engels ingespan. Die voorstelle maak wel voorsiening daarvoor dat, wanneer daar geoordeel word dat daar ʼn behoefte voor is, ook vertalings in van die ander amptelike tale sal wees. Sansa ondersteun volgens die beleidsvoorstelle die bevordering van al elf amptelike tale, asook gebaretaal.

Prof. Wannie Carstens, direkteur van die Skool vir Tale by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, het gesê Sansa se besluit om slegs Engels, isiZulu en Sepedi as amptelike tale te aanvaar, is ‘n terugwaartse stap vir Afrikaans, juis omdat Afrikaanse kundigheid so ‘n groot rol gespeel het om die terrein gevestig te kry. Afrikaans behoort as die vierde taal bygevoeg te word, want daar is niks wat instansies verbied om meer as drie tale te hê nie.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê Sansa se beleid is, soos die meeste beleide wat tans gepubliseer word, ter uitvoering van die vereistes van die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale (Wet 12 van 2012) nie gerig op meer doeltreffende kommunikasie met die publiek nie, maar as ʼn maatreël om Afrikaans se hoë funksie status te negeer en die taal te probeer marginaliseer. “Ons glo dat die uitvoering van die wet niks bydra tot die beskerming van Afrikaans se regte nie en nog minder om die ander nege inheemse SA tale te ontwikkel,” het Bailey gesê. “Ons weet mos byvoorbeeld dat isiZulu en Sepedi nie oor veel ruimteterme beskik nie. Daar is ook geen plan waarvan ons weet om dringend nou die woordeskat te begin skep nie – so uit ‘praktiese oorwegings’ sal die gevolge van die besluit wees dat slegs Engels gebruik word.” Bailey meen uiteindelik sal die verkeerde toepassing van hierdie wet helaas maar weer regsaksies tot gevolg moet hê. “Ons lewer kommentaar op die gepubliseerde beleide [nie oor die spesifieke agentskap nie, maar die breër toepassing van die wet deur alle staats- en staatsverwante instellings], maar berei ook voor vir regsaksie indien die kommentaar op niks uitloop nie.”

Volgens Herman Toerien, wat weekliks RSG se ruimtenuus skryf, is dié radiostasie se program, Sterre en planete, een van die gewildstes op RSG, en toon dat daar groot belangstelling onder Afrikaanssprekendes is. “Afrikaans het reeds besonder baie ruimteterme ontwikkel,” het Toerien gesê.

Prof. Jacques van der Elst, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad, het aan Maroela Media gesê daar is ongeveer 32 organisasies wat reeds hulle taalbeleide opgestel het en een vir een misken Afrikaans. Volgens hom het die ATR skrywes gerig aan die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), die departement van wetenskap en tegnologie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Van der Elst het verduidelik navorsing word tans gedoen oor die verskeie taalbeleide wat reeds opgestel is om ʼn vollediger prentjie te skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

se-net ·

Ons kan kommentaar lewer tot ons blou is in die gesig, maar dit gaan daaraan GEEN verskil maak nie. Afrikaans(ners) stig alles en dan word dit “gekaap” en gaan ten gronde!!!

Johan ·

100%..al wat “hulle” (die klomp wat tog so graag engekse wil wees) regkry is om allmal die mo@r in te maak.

Herman Toerien ·

Ek stel weekliks RSG se ruimtenuus saam. Tot dusver het ek voorkeur aan Sansa se nuus gegee mits dit bruikbaar was. Hiermee gee ek nou kennis dat ek Sansa se nuus gaan boikot tot Sansa ‘n nuwe besluit neem wat in ooreenstemming met die gees van die grondwet is. As hierdie besluit my ‘n taalativis maak, is dit gaaf.

Therese van Schalkwyk ·

Ek is amper sprakeloos by die lees hiervan. Dit is ‘n skreiende onreg wat teenoor die Afrikaanse taal en al sy gebruikers, maar veral die talle Afrikaanse wetenskaplikes gepleeg word. Beskaafde woorde om my teleurstelling en misnoeë met die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap uit te spreek, ontbreek.

Prof. Wannie Carstens, en ander wat dieselfde gedienstige gedweë houding inneem wanneer Afrikaans se plek op die ranglys van tale ter sprake is, leer hopelik ‘n les hieruit. Julle doen die taal geen guns. Die teendeel is waar.

Bertus ·

Die Rothschild Engelse bankers se taal, Zuma se Zoeloe taal en Malema se Sepedi taal en daar het julle dit, al die tale van ONS onderdrukkers

Ernst ·

Watter blatante diskriminasie! Naas Engels, die koloniale taal, is Afrikaans die Afrikataal met mees ontwikkelde wetenskaplike terminologie van alle tale in Suid-Afrika. Hier hang ‘n lelike onderrok uit ….

Peet Schabort ·

“Die publiek het die geleentheid om op die beleidsvoorstelle te reageer” !? Ons weet wie hierdie ‘publiek’ is. Alweer die sogenaamde DEMOKRASIE wat inskop. Daardie kans wat die minderheid gegun word om deel te neem aan hulle eie ondergang. Sansa kan liewer na die maan vlieg!!

Peet Schabort ·

Maroela Media, vind asb. vir ons uit van die ongeveer 32 organisasies wat Afrikaans misken en plaas die name. Daardie (geld)wolwe in skaapklere.

Barend Nel ·

Maar net nog ‘n openbaring van die ANC se vyandige houding teenoor Afrikaners.

Rina Pretorius ·

ek weier om enige lisensie gelde hoegenaamd te betaal sorry, my taal is nie goed genoeg nie so dus ook nie my geld nie

Johan ·

Ons Afrikaners is duidelik nie welkom by hul nie en moet ons maar net van Sansa ontrek dan kan hy ook vergaan soos res wat so agresief teenoor ons is (Universiteite in die Kaap is volgende).

Madelein ·

Ek het maar ‘n e-posse gestuur en my misnoë uitgespreek omdat Afrikaans ontken word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.