Agt plaasaanvalle dié week; AfriForum gee veiligheidswenke

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die vlaag plaasaanvalle en -moorde wat die afgelope week oor die hele land voorgekom het en veiligheidswenke gegee vir gemeenskappe om meer te doen om hulle te beveilig.

Sedert Donderdag verlede week is gemeenskappe in Noordwes, die Noord-Kaap, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga geruk deur gewelddadige aanvalle waaroor in die media berig is en wat die lewe van minstens drie mense geëis het.

Christo Kruger (63) van Kuruman is op sy plaas Byron deur aanvallers doodgeskiet (lees meer). Danie Robbertse (43), oudpolisieman van Buffelspoort in Noordwes, sterk in die hospitaal aan nadat hy drie keer in sy skouer, linker- en regterbeen geskiet is (lees meer). In Ladybrand is Bill Clark (45) van die plaas Zuurbult oorval en met ’n mes gesteek (lees meer). Andries Snyman (59) is in sy huis op ’n hoewe in Rashoop naby Brits drie keer met ’n mes gesteek voordat hy ’n paar uur later aan sy wonde beswyk het (lees meer). Peter Johnson (56) van ’n suikerrietplaas in die Nyoni-omgewing by Eshowe in KwaZulu-Natal is vermoor (lees meer). Erick Meiring (64), ’n plaasbestuurder in die Komatipoort-omgewing is deur vyf gewapende rowers oorval, vasgebind en aangehou (lees meer). ’n 57-jarige vrou van Bokfontein buite Brits is deur gewapende rowers oorval (lees meer). Rodger van Parys (71) van ’n plaas tussen Mooinooi en Rustenburg is in ’n kritieke toestand nadat sy aanvallers ’n swaard in sy keel afgedruk het (lees meer).

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het beklemtoon dat gemeenskappe meer paraat moet wees en hulle moet verdedig indien moontlik. “Gemeenskappe moet ook inisiatief neem en eie buurtwagte en veiligheidsnetwerke gereed kry of by bestaandes aansluit.”

Veiligheidswenke

  1. Wees paraat. Deur net bewus te wees van wat rondom jou aangaan, kan gevare dikwels afgeweer of selfs vermy word. Let op veranderings rondom die huis en die werf, daar word dikwels ná aanvalle skuilplekke van aanvallers gevind waar hulle die boer en gesin vir dae voor die aanval dopgehou het.
  1. Verander gereeld jou roetine. So kan geen misdadiger wat jou dophou presies bepaal waar of wanneer jy wat gaan doen nie. Dit belemmer ook sy beplanning vir ʼn moontlike aanval. Aanvallers word onderskat omdat dit partykeer gesien word as ʼn opportunistiese misdaad. Dit is wel dikwels nie die geval nie. Plaasaanvalle word meestal deeglik beplan.
  1. Ken jou werkers. Dit is belangrik dat boere weet presies wie toegang het tot die plaas. Dit word ook aanbeveel dat daar ʼn databasis is met elke arbeider se ID-bewys en ʼn foto. Met die korrekte ID-dokumente kan bepaal word of die arbeider ʼn misdadiger is en of daar enige hangende sake teen die persoon is. Dit kan dan ook bepaal word of die werker ʼn Suid-Afrikaner is en of hy of sy wettig in die land is. In party gevalle kan daar selfs vingerafdrukke geneem word voordat enige persoon in diens geneem word. Dit beteken indien ʼn misdaad op die plaas gepleeg sou word, is daar reeds vingerafdrukke beskikbaar om dié van misdadigers mee te vergelyk.
  1. Dubbele heinings word aanbeveel omdat dit dan nog moeiliker is vir iemand om die eiendom te betree. In sekere gebiede word geëlektrifiseerde heinings gebruik as eerste linie wat volg met nog ʼn palissade of lemmetjiesdraadheining as tweede linie.
  1. Selfverdedigingsklasse is waardevol om verdedigingsbeginsels te leer, veral vir ʼn hele gesin. In landelike gevalle is dit partykeer moeilik om by gereelde klasse uit te kom en dus is konsepkursusse belangrik. Besoek gerus http://www.fortisgroup.co.za/ wat soortgelyke kursusse kan aanbied.
  1. Raak betrokke by ʼn plaaswagstelsel, en indien daar nog nie een is nie, begin een.

Vroeë waarskuwingstelsels

Ongelukkig is dit so dat konfrontasie met ʼn misdadiger nie altyd vermy kan word nie. Dus stel ons voor dat daar vroeë waarskuwingstelsels gereed is. Op hierdie manier kan ʼn boer en die gesin tyd hê om weg te kom uit die gevaar van ʼn moontlike aanval. Die boer word dan betyds in kennis gestel van enige moontlike gevaar.

  1. Gooi gruis tussen twee linies en rondom die huis sodat daar gehoor kan word as iemand daar loop en die eiendom betree.
  1. Gebruik alarmstrale (“beams”) wat huisbewoners in kennis kan stel as iemand buite beweeg. Hierdie strale kan per SMS werk om jou in kennis te stel presies waar ʼn betreder kan wees sonder dat jy eens hoef op te staan.
  1. Honde is een van die beste alarmstelsels waarin enige persoon op ʼn plaas of in die stad kan belê. Dit is ongelukkig so dat honde partykeer vergiftig word, maar met honde en alarmstrale is dit moeiliker vir die misdadiger om toegang tot die huis te kry. Kleiner hondjies binne ʼn huis word ook aangemoedig omdat hulle baie vinnig onraad aan die buitekant merk en geluide hoor.
  1. Kringtelevisiekameras is ʼn goeie idee rondom enige werf. Hoewel dit duur kan wees, kan dit diefstal en ander gevare monitor.
  1. Ligte is noodsaaklik en elke donker hoekie om ’n plaashuis moet verlig wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

anon ·

nou wil ek weet as jy vrou aleen by jou huis is hoe maak jy……. skiet jy hom of wat!!!!!!!

Winston ·

Die regering gee die groen lig vir plaasaanvalle, deur weinig of niks te doen nie. As jy oortuig is jou lewe is in gevaar dan skiet jy om dood te skiet. Ongelukkig verstaan die polisie nie die verskil tussen strafbare mansslag en straflose manslag nie. Dalk word JY arresteer vir moord. Dis soos dit gaan.

anon ·

dis so hul voel n veer wie se jou honde gaan jou lewe kan red gewoonlik blaf hul vir katte en beeste in di aande my huis lyk soos n 5 ster hotel met al die ligte wat brand as hy wil in kom wat gaan hom keer verkrag di vrouens skiet hul dood skiet dan die man en kinders dood

Loubser ·

Anon – Obviously voel hulle n veer – duh…
En honde is nie daar om jou lewe te red nie. Hulle mag jou dalk waarsku.
(Jou honde is seker buite jou 5 ster hotel)
In pleks van vra wat hom gaan keer, wees pro aktief en parraat.

Anom ·

Ons het n Klein hondjie binne huis En 3 skaaphonde buite. Ek verkies dat hulle blaf al is dit vir niks,eeder so as niks

mike ·

Anon – kry vir jou n paar pitbulls en polisie honde. Jy sal nie spyt wees nie. Maak n panic room naby jou slaapkamer (hoef net n veiligheids hek te wees met n klip harde alarm wat binne die huis af gaan). Dit het my tannie se lewe gered . Iets wat n m#/*&rse lawaai maak druif die goed vinnig weg.

anon ·

nee ek een jackrussel in my huis en pitbulls in die erf ek werk my self in my huis soek nie gemors in my huis om my huis leeg te steel nie

Jaco ·

Goed, as ek raad kan gee, my huis is weleswaar baie groot (kritici sal later verstaan waarom ek dit uitwys…)
Ek het ‘n veiligheidshek in my gang en ek slaap aan die onderkant van my huis. Het 2 Staffies. Bure om my het Rotweilers, Bullterriers asook Doberman’s (verskoon asb my spelling en hierdie is nie hondrasgedrewe kommentaar nie). Staffies slaap saam met my in die kamer. Bure se honde is medikasie ingegee (opgeleide honde) en bure se huis is met hul daarin rot-en-kaal besteel. Ek het 2:30 wakker geword om water te drink en staffies het saam geloop. Met my aankoms aan die straatkant van die huis het ek 3 makkers in my huis betrap. Ek het die hek oopgesluit en staffies het die makkers gewys waar Dawid die wortels begrawe het, asook in die proses vir my tyd gewen om my vuurwapen uit die kas te gryp.
Les uit die storie… laat jou honde binne en nie buite slaap nie. Myne het my lewe en besittings gered. Makkers het ‘n paar stukke vleis agtergelaat. Dit was 3 jaar gelede. Ek is die enigste huis in my straat waar daar nog nie weer by ingebreuk is nie (natuurlik met die Heer se genade) want die skobbejakke weet hul kan my nie verras nie. My bure (weerskante en oorkant die straat) het al 3x deurgeloop met hul honde wat buite slaap waarvan 2 vergiftig is en hul het elektriese omheining. My wenk is uit eie ervaring opgedoen, maar ek doen myself nie voor as spesialis nie, so moet my nie oor die persoonlike wenk kastei indien jy nie saamstem nie. Ek ruil dit bloot uit want alle Afrikaners se lewens word bedreig en dis tyd dat ons lewensraad, gegrond op praktiese ervaring, begin uitdeel om mekaar te help oorleef.

J.Z ·

Waar is daardie wittes wat in die ANC is ,keur hulle ook die plaas aanvalle goed,moet wees want daar is n dawerende stilte van hul kant af.Hoeveel sous geld kry hulle om so stil te wees.

werner ·

Ek het pitbull inhuis en malinois buite. Elektriese skok drade in tuin. Nie op heuning nie. Ligte is sonkrag en elektries wat van huis af weg lig. Los kameras wat kan verskuif word dus weet hulle nie waar kamera is nie. Is paraat alarm se paniek werk so 70m van huis nog. Kameras stuur foto as beweging op getel word. Ja sien baie katte maar hoop dit help een dag. Pitbull het al een inbreker sleg gebyt en een verwilder.

boer ·

Hier is my wenke
skiet die gemors vrek as hy in jou huis is,want wat soek hy daar?
Wees voor dit donker word by die huis as jy op n plaas woon
Maak seker jou vrou en kinders weet om n vuurwapen te gebruik
Doen die werk in jou huis eerder self,minder informasie wat gegee kan word van jou doen en late
As jy nie n vuurwapen het nie, kry wettiglik een so gou moontlik. Die wapen wet word alweer hersien om dit nog moeilikker te maak om een te kry vir wetgehoorsame mense

Carl ·

Dankie AfriForum vir die bydra. Dit is so baie min aanvalle is oppertunisties. Dit word goed beplan en verkenning is ‘n grondslag daarvan. Gewoonlik binne kennis.
In bogenoemde punte is daar egter een ding wat my bekommer. Julle spreek nie die dra van ‘n selfverdedigings vuurwapen spesifiek aan nie. So asof julle polities korrek wil wees en in Gun Free SA se hoek veg. Selfverdedigings klasse is nie dieselfde nie! Boere en ander wets gehoorsame burgers moet elke liewe dag en oomblik hul handwapens by hulle dra. Kerk toe, dorp toe, veld toe, met vakansie……..
Daar is niks fout daarmee nie. Dis nie net vir bang broeke nie.
*Leer ook om met die vuurwapen te skiet in omstandighede wat ‘n aanval naboots.
*Verwyder alle groot hoeveelhede kontant van die plaas. Vermy die persepsie dat kontant aangehou word.
*Neem deel aan die patrollies en CPF in jou omgewing.

Paul ·

Baie goeie kommentaar en raad. Stem saam met jou. Mense gaan hulle lewens moet aanpas as hulle wil aanbly.

Etienne ·

Ek wonder hoeveel het hierdie toename met Zuma se uitlatings oor “ons ander” te doen.

loubser ·

Jaco, Werner, Boer en Carl met mans soos julle sal ek (as vrou) veilig voel.
Dit is wat ek noem pro aktief en paraat !!

wanda ·

Ons bly op n plaas groot marico. My man werk as n honde geleier in Irak, Afghanistan of waar ook al, ek is vrou alleen vir tot 3 maande op n slag. 3 hondjies in die huis, my man het my slaapkamer beveilig deur self deur met dik staal te maak so ook my badkamer, ons het kameras reg rodom die huis, so as ek iets hoor skakel ek my tv aan en sien reg rondom die huis. Slaap ook met n pistool, danksy die Here het ek nog nooit ooit probleme gehad nie, maar doen ook my eie huiswerk, maar het n tuinier wat tot 2uur werk. Goeie raad is ek gaan nooit in die aand uit nie, ek bid vir my veiligheid en gaan slaap, meer kan ek nie doen nie.

Joh. 3:16 ·

Wanda. Jy moet nie so baie, en sulke persoonlike inligting van jouself op die sosiale media plaas nie. Die Afrikaner vandag (ons kan dit verwaande arrogansie ook noem) het ‘n opinie dat als wat nie ruik, lyk of praat soos ‘n Afrikaner nie, dom is, submens is of nie mense is nie. Die gevolg van sulke denke is dat baie van my volk se mense kriminele onderskat. Dink aan ‘n krimineel as ‘n intelligente mens wat sy breinkrag, wat God hom gegee het, gebruik om ander skade aan te rig. Die inligting van jouself wat jy van jou omstandighede hier geplaas het is teveel. As jy jouself wil beveilig dink hoe soos ‘n krimineel: hoe sou jy jouself uit oorlê as jou sê so probeer aanval. Selfs dan het jy nie eers 50 % van ‘n krimineel se toewyding geopenbaar nie. Iemand het eendag vir my gesê: “Ons Afrikaners is te naïef vir ons huidige situasie.” My persoonlike indruk is ons oorskat ons eie vermoëns en onderskat ons opponente. As ons nie realisties gaan begin dink nie, gaan die realiteit eers tref met ‘n magtelose gevoel tydens ‘n misdaad. Die krimineel is nie, soos baie dink, ‘n dom “aap” nie. Moenie inligting plaas op sosiale media wat jou ‘n teiken kan maak nie.

Leandre ·

Raad vir mense met honde. Voer jou honde elke dag met stukkies vleis wat n brand sous op het gooi dit op die grond. So leer hulle eventually om nie kos van die grond af te eet nie. Ek doen dit met my honde en dit werk. Vergiftig is nie meer n opsie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.