Amcu-staking: Rustenburg-besighede sluit; voedingskemas in skole begin

Rustenburg. Foto: SunCity.hotel.co.za

Rustenburg. Foto: SunCity.hotel.co.za

Laerskole in Rustenburg in Noordwes moes met voedingskemas begin en banke het in een week nagenoeg 300 voertuie teruggeneem weens die invloed van die voortslepende Amcu-staking.

Gerrit Viljoen, ʼn verteenwoordiger van die vakbond Solidariteit by een van Lonmin se myne, het gesê Rustenburg en die omliggende gebiede is nie ʼn mooi prentjie nie. “Ondernemings en almal wat by die myne werk, begin aan die swaar kant trek sedert die wiele ophou draai het,” het Viljoen Maandag aan Maroela Media gesê. “Almal van kontrakteurs tot verskaffers word geraak. As daar nie geproduseer word nie, is daar nie werk nie, en kry die mense nie geld nie.”

Viljoen het gesê bonusse en oortydgeld word ook nie meer betaal nie. “Daar is mense wat Januarie laas ʼn salaris gekry het. Die mense wat geraak word, het ook nie geld om te koop nie, so besighede in die dorp loop ook erg deur onder die staking. Mense koop net wat broodnodig is,” het hy verduidelik. Werkers is intussen ook versoek om op verpligte verlof te gaan, aangesien daar nie werk is nie.

Rinette Riekert, ʼn inwoner wat al 15 jaar lank in die dorp bly, het gesê die onderneming waarvoor sy gewerk het moes hul deure sluit. Sy was sedert 2007 ʼn verkoopskonsultant wat verskeie mynboutoebehore aan Anglo American en Lonmin verskaf het. “Ek en my gesin word direk geraak,” het Riekert aan Maroela Media gesê. “Ek het my werk op 27 Maart verloor. Die eienaar van die huis by wie ons huur, gebruik vandeesmaand my deposito as huurgeld en hy gee ons dan nog twee maande. So ek het letterlik drie maande om werk te kry. Ek het darem geld vir krag, en daar is nog kos.”

Riekert sê die impak op die gemeenskap is duidelik sigbaar in Rustenburg se winkelsentrums. “Gewoonlik ná betaaldag op die 25’e van die maand, was die winkels baie besig. Nou is dit soos ʼn spookdorp. Klein maatskappye wat produkte en dienste gelewer het aan die myne sluit een ná die ander hul deure.” Volgens Riekert het ‘n bekende boekhouer van Rustenburg verlede week aan hulle bevestig dat hy 83 maatskappye help wat moet sluit.

Charmaine Bradshaw, wat by ʼn kleiner myn in die gebied werk wat nog operasioneel is, het gesê myne en die ses laerskole in die dorp het saam begin werk om voedingskemas by die skole te begin. “Kinders van alle rasse word geraak,” het Warren gesê. “Die betrokke skoliere kry in die oggend kos, en in die middae ʼn kospakkie. Van hulle neem ook kospakkies vir hul ouer boeties en sussies huis toe. Dit breek ʼn mens se hart om so iets te sien.” Sy voeg by die myne ontvang gereeld oproepe van kinders wat smeek dat hul “pappas en mammas” weer kan gaan werk.

“Die mense is op moedverloor se vlakte. Ek weet van iemand wat onlangs selfmoord gepleeg het, omdat alles uit beheer raak. As die staking nie gou tot ʼn einde kom nie, gaan hier ʼn groot krisis ontstaan, indien dit nie al klaar te laat is nie,” het Warren gesê.

Mynbase het in Maart aangekondig dat die staking reeds tot ʼn verlies van R10 miljard gelei het.

Amcu-lede staak al sedert 23 Januarie by Lonmin, Anglo American Platinum (Amplats) en Impala Platinum (Implats). Hulle dring aan op ʼn intreevlaksalaris van R12 500. Amcu het die loonaanbod van 9% verwerp.

Die maatskappye het Amcu se gewysigde eis, dat die R12 500 oor vier jaar behaal kan word, verwerp.

Intussen het ʼn groep inwoners ʼn aanlynpetisie van stapel gestuur in ʼn poging om die staking te beëindig. Die groep bekommerde inwoners doen dit saam met ʼn prokureur van die dorp. Aldus die prokureur kort hulle nagenoeg dieselfde hoeveelheid handtekeninge op die petisie as die hoeveelheid stakende mynwerkers, dus 80 000. Hulle het verlede week met die petisie begin en teen Maandag het 1 117 persone die petisie onderteken. Klik hier om die petisie te onderteken.

Lees ook:
Amcu-staking: “Stakers hou inwoners gyselaar”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Ria Maritz ·

Die stakers sal liewers GEEN salaris ontvang in plaas van om na hul gesinne, spesifiek kinders se behoeftes om te sien – SELFSUGTIG !

Ja, ek ken ook blanke mans wat selfmoord gepleeg het omdat hulle ook afgelê is by die werk, en nie meer vir hul onderskeie gesinne kon sorg nie – HARTSEER !

Ek werk eerder vir dieselfde salaris as GEEN salaris.

ella ·

Ek wens hul wil stakings verbied in Suid Afrika..dis die land met die meeste stakings en geweld…kyk waar bring dit ons al hoër petrol pryse ,kos,ens: dink hul met elke staking as plunder afbreuk, brand kos dit miljoene en wie dink hul gaan hul voed en werk gee want die hele suid afrika lui onder die stakings…. Verbied staking

Leezel ·

Die hartseerste ding is dat die AMCO base en die regering base nie die staking voel nie, want nogsteeds eet hulle en ry miljoene rande se motors en bly in huise wat miljoene rande kos, en die mense wat hulle salarise betaal lui honger, hulle moet bietjie vir die AMCO lede bewyse gee van hoeveel die AMCO base kry en sien wat hulle dan se, Ek weet ook van baie mense wat al selfmoord gepleeg het het, oor die strikes, en nogsteeds se die mynbase die is ‘n vreedsame strike! Is dit regtig,
Maar aangaan oor die Marikana Massacre sal hulle, maar nie oor die lewens wat al verloor is oor die strike nie. Mense moet begin wakker skrik, as Anglo sy deure toemaak is dit nie net 4 000 mense wat hul werk verloor nie, maar 40 000, en dit is net die werknemers van Anglo, nie eers hul gesinne wat ook daar onder lui nie, en die crime in Rustenburg is besig om hand uit te ruk, waar gaan dit eindig.

Dewald ·

Ek onthou nog hoe al die ‘verligtes’ vir die regses met hulle boeliebief-blikkies gelag het. Wie lag nou?

In elk geval – ‘n gee les om te hieruit leer is om jou dorpserf se sier-plante uit te haal en te begin kosdraende plant aanplant. Eerder nou as later.

Ursula Erasmus ·

Hulle staak en my man sal enige iets doen om werk te kry. Nou staak hulle en kan nie verstaan die ekonomie is sleg nie. Gee eerder vir my man werk en jaag die wat nie wil werk nie

Gert Halgreen ·

Dis tyd dat ons kontrakteurs en werkers saam staan en Amco dagvaar vir verlies van inkomste .Lonmin .Anglo en Impala werkers moet saam staan en ook deel daarvan word. Solidarityd moet ons help om te se genoeg is genoeg

susannacoetzee ·

Dis NET Belaglik die Stakings,,hoekom STOP die Regering dit nie Hulle mense lei OOK Daaronder dis Regtig Domgeid om te staak hulle Bereik niks Net Verlies en Skade,,

lukas ·

daar is baie mense wat verander het maar ja ek bly ook in die Ka. Plek maar gelikig strike ons myn nie ( nog nie. ) maar ook nogsteets kan die wit mense nie saam staan nie

carlien ·

Ja plaas hul vir die mense werk gee wat graag wil werk en die ander jaag wat staak dis hartseer om te dink daar is baie mense wat so graag wil werk mar hul kry nie en die wat werk het staak dink eeder aan jul kinders en vrou voor jul sonder werk sit en staak (asseblief)

Beatriz ·

This strike actually getting out of hand… Really people striking for more money… When they atleast have a job to go… Have looked arround how many people are in the street worring if they are going to be employed .. I am one ….. Atleast u have an income…. Wake up people the countries abroad are withdrawing their investment… Have u realised while u paying the unions their salaries are they feeding u and paying ur debts in times of strikes many fear their lives and even lose their lives… It time u say thank u I have an income let them employ one extra person with my 9 percent

laurna vermaak ·

Pensioenarisse verarm daagliks en leef in vrees want al die”honger” stakers gaan begin roof, steel en sal selfs moor om aan die lewe te bly!

magda ·

Koos … So wat jy nou eintlik se is kinders verdien dit om sonder kos in die aand te gaan slaap net omdat die ouers volgens jou hoogmoedig of wat ookal is ! Kinders verdien dit om in n kar in die koue te moet slaap omdat hulle nie n plekkie het om te bly nie ! NIEMAND vedien so iets nie ! Skuus maar jy het nie n idee van hoe erenstig dinge hier regtig is nie en is regtig nie baie nice van jou om sulke opmerkings te maak nie en ook nie om te oordeel nie. Het jy enige idee hoe die ouers voel om daai kleintjies in die oe te moet kyk en te se jammer hier is niks vir jou om te eet nie ? Kinders wat honger moet skool toe gaan en heeldag moet honger bly ? Jammer ek bedoel nie om lelik te wees nie maar as jy dit nie self ervaar nie moet nie sulke komentaar lewer nie

Sonja ·

Rustenburg keer terug na God toe ons kniee moet begin buig bid vir ons dorp en ons regering dat God sal intree ons moet ook verskil maak en dis tyd dat ons iets daaraan doen en ophou praat en stil sit dankie vir die petisie die Here se seen

Karel ·

Koos jou kommentaar is ongevraagd. Die hoogmoediges en rykes is nog steeds daar en lewe nog lekker, dit is die gewoone werkersklas mense en ou mense wat die wat die seerste kry . Sonja jy is reg …keer terug na die HERE.

Gtr ·

Nou watter rol speel Cosatu in die staking? Of Speel hulle ‘n rol in die staking… Is dit die staking wat uiteindelik die land tot stilstand gaan bring?

Moeg geworry ·

Ons is op Union (Swartklip) en is al heeltemal uitgeput met hierdie stories van die strike. Dis een strike na die ander. Dis poste wat gesny word. Dis maandeliks “foute” op jou salaris. Alles val behoorlik uitmekaar. N mens sukkel om siel en liggaam bymekaar te hou. Jy weet nie wat regtig agter die toe deure aangaan. Stories hardloop vinniger as n veldbrand wat handuitruk. Sal ons nie bly wees om die ware stories by Anglo self te hoor. Hoe kan werkers eers op tv nuus kry oor die plek waar hul werk. Moet dit nie andersom wees nie? Mens wil voorberei as bv Union gaan toemaak. Dis weer werk soek, behuising kry ens. En ja dis nie ons skuld werkers strike nie, behandel ons soos mense. Dis seker net menslik.

Calvin Shannon ·

Dis is erg mense.Ek se net dankie vir die Liewe Vader dat ek en my vrou nog kan lag en gesels en gesond wees.Ek moes al my huis verlaat en in n ander dorp gaan werk weg van my vrou af om kop bo water te hou.
Die lewe werk nie altyd uit soos ons dit wil he nie.
Bid en hoop.
Genade is verniet

Nico Vermeulen ·

Dit is jammer dat dit so gaan maar jy se die regte ding, niemand kan alleen staan nie en geen opoffering is te groot vir ons geliefdes nie.
Bly lag broer wees bly en be Blessed. Eerder naby die hel in God se wil as by die kospotte van Egipte buite Sy wil !! Ons volk het vergeet wie ons is….

Nico Vermeulen ·

Daar was eendag n blik n blik net met n paar klippe in sy naam was Koos! toe gooi iemand die ding in n kring van verbitterde mense en almal storm die blik en niemand sien hulle word besteel nie! Mense vergeet die blik daar is families en vriende op die spel. Ek weet nie hoe om n verskil te maak nie maar ek kan prober.

Karen ·

Koos, ek is so bly dat jy Rustenburg eendag lank, lank gelede besoek het. Maar as ‘n oud inwoner, en met ‘n Ma, Pa, Suster, Niggie, aangetroude neef en hulle twee skoolgaande kinders wat nog in Rustenburg woon en werk, sal ek jou aanraai om eerder nie jou opinie te lig oor mense en hulle omstandigede in ‘n dorp waar dinge besig is om hand uit te ruk nie. Ek hoop van harte dat jou hoogmoed ook vinnig tot ‘n val sal kom. My suster is een van die wat haar werk verloor het omdat die myn waar sy ‘n data-capturer was hulle deure moes sluit. Sy was nie hoogmoedig oor haar posisie nie, en het ‘n eerlike werk gehad. My Ma en Ouma is in trane oor hoe moeg my niggie is, want haar inkomste is nie genoeg om die gesin te onderhou nie. Maar steeds is die geloof daar dat dit beter sal gaan. Dat die Vader hulp sal stuur. Ek dink nie jy besef hoe seer dit ‘n Ma se hart moet maak om vir haar kind te sê dat sy nie kan meedoen aan ‘n skool aktiwiteit nie, want daar is net eenvoudig nie geld om die R50 wat dit gaan kos, te betaal nie.

Jy, Meneer, het nog nooit tenoor ‘n mynwerker gesit wat huis toe gaan met R1 500 ‘n maand waaruit hy sy hele gesin moet versorg nie, en dan in trane is omdat hy vir die eerste keer in sy lewe na die Spur geneem word vir ‘n R20 ontbyt. Vir my en vir jou is dit dalk ‘n algemene ding om uit te gaan vir ete, maar vir hierdie man was dit massief groot.

So liewe Koos, kry ‘n lewe. En onthou, hoogmoed, veral die soort wat jy openbaar, kom tot ‘n baie harde val.

Mag ‘n ‘n absolute geseënde dag hê.

elna ridgard ·

pateties plaas dat hul werk en darem iets inbring.Dink mos net aan nou en nie more of hoe dit hul en ander se gesinne raak.Stuur hulle terug waar hul vandaan kom.Hier duisende in die land wat wil werk en werk soek ag nee a

monique heynemann ·

Al wat hul nou doen is om onskuldage mense te laat suffer soos stout kinders wat nie hul sin kry nie!

leandre visser ·

Goeie dag. Ons is n lokale besigheid in Rustenbug en het die laaste twee maande kossies, klere en speelgoed bymekaar gekry. Ons wil graag die families help. As iemand dalk ons n kontak nr gee om met n groep in aanraking te kom waar ons die goedtjies kan aflaai en hulle dit kan uitdeel aan die kinders. Alle hulp in rtb is nodig en ons wil help. Baie dankie. Lekker dag

Faan Ries ·

Ek glo ons almal moet hande vat en bid vir uitkoms al bly ons nie in Rustenburg nie en al het ons nie familie in Rustenburg nie.
Almal wat negatief geraak word wit en swart sit nou in n krisis. Die satan se magte is hard aan die werk en as hulle slaag in Rustenburg volg die res van die mynbedryf.
Iemand probeer hier om politieke standpunte te maak en ook om die myne op die punt te kry omte kaputuleer sodat dit makliker is om te nasionaliseer
Niemand moet hulle blindstaar vir hulp van die regering nie want hulle in onbevoeg om n einde te maak aan enige vorm van korupsie en geweld. Die lyer en die meeste van sy trawante/kaders is al op die een of ander manier by korupsie, dronkenskap, bedrog, geweld ens betrokke of gewees
Hond eet hond
Net jammer dat die onskuldiges nou die prys betaal
Ek sluit af met die enigste werkende oplossing; bid en nogmaals bid vir uitkoms

Christo Visser ·

Ons moedig ons gemeente aan om die Here totaal te vertrou volgens die Woord deur Hom te toets soos wat Hy ons nooi om te doen. Hulle doen en ons hoor daagliks fenomenale getuienisse t.s.v . die neerdrukkende omstandighede. Loof die Here.

Hannes ·

N vrot hand beheer die hele Suid Afrika.
Die hand moet afgekap word so sal die seer gesond word en produksie sal aangaan.

M Goosen ·

Ek bid dat die Here Sy hand oor ons sal hou met die storie en ek weet dat Hy vir ons iets beter voorentoe sal gee want as die nood op die hoogste is, is die uitkoms nie ver nie!

zanita ·

Goeie naand

Ek die link ontvang maar link wil nie oopmaak dat ek petisie kan teken nie.

Groete
Zanita

lizelle van jaarsveld ·

Ons moet die strikes en k@k gestop kry, ons reps kan nie meer so aan sukkel nie. Hoe gaan ons vir ons kinders n lewe kan gee in Rtb as dit so gaan

Koos ·

Koos het 10 jaar terug die land verlaat nadat hy self daar deur is, ek en my gesin het die ergste van erg ervaar, so ons het nou n lewe en n puik lewe, nadat diemat onder ons voete in rtb geruk is. Ek kan net se, jammer vir sie wat dit nie verdien nie , maar jy het wat jy verdien, (ryk snobs)! Ek bly by my punt. Ons het n veilige wonderlike vreedsame lewe met geld in oorvloed….hou op huil, is nie die antw nie. Ek was daar. Doen iets….moet na als om jul die skuld gee nie, dink julle vir een oomblik die land gaan beter word, dink weer!

Charmaine ·

KOOS…jou comment vertel v ons almal hoekom jy nie in rustenburg welkom was id eerste plek nie.

Dene ·

Koos… Ek het nog nooit sulke absolute idiotiese kommentaar in my lewe beleef nie. Ook maar goed jy is weg hier. Mens verlustig jou mos nie in ander se swaarkry nie. Jy is trots omdat jy weg is… Jy het jou land verlaat en jou gesin sal nooit ons skatte en unike mense en kultuur beleef nie. Suid Afrika het sy foute, maar hier is wel nog ongelooflike mense! Watokal hier met jou gebeur het regverdig nie jou selfsug nie. Bly eerder waar jy is en hou jou kommentaar vir jouself.

Groete

Rustenburgers…

fran ·

Dank die wetters af hulle wil verniet geld kry. Plaas gaan staak hulle voor die parlement dat hulle wat die land se geld so steel vir hulle daai salarrisse gee.

Heinz Patzke ·

Stop asseblief die stakings, ek het vriende met kinders wat nie eet nie omdat daar nie salaris betaal word nie

Gee om ·

Stop die nonsens,da is mense wat regtig ly,hulle het nie meer kos in hul huise nie,da is klein kindertjies wat goed nodig het soos warmklere,skoene,doeke,melk ens.
Word groot en begin dink voor julle iets doen.

engela ·

Stop net di stakinf laat di mense kan werk en vir hulle families kan sorg.

Bevelyne Langman ·

Absolutely shocking! These idiots have no foresight!

Swannie ·

1 Joh. 3:22 – Bid en glo
Mat. 26:39 to 42 – Die Vader se wil sal geskied!
En dan…Pred 12:9-14
Dien God, en hou sy gebooie! Dis al! Hoeveel keer het ons die wereld aan ons voete? Hoeveel keer sê ons dankie? SA het deur die jare baie louteringe al beleef…hierdie is weer een van daardie tye. Dit is tyd om die TV’s af te sit en Bybel te lees…kerk toe te gaan…huis godsdiens om ñ kers te hou…self ondersoek te doen…en reg te maak waar ons verbrou het! Rustenburgers, dis tyd! SA, dis tyd! Die kalf is in die put!

veronica pienaar ·

Regering sal moet ingryp asb kinders is die lydende partye

Marie Immelman ·

Hi, ek werk by Impala. Die staking moet asb nou tot ‘n einde kom.

madelein shannon ·

Die staking asb ophou my man sit al 5maande soner werk ons nie meer huurgeld of skoolgeld om tebetaal!!fire die mense wat staak en stel mense aan wat wil werk en werk nodig het!!waarheen gAan ons land????

Maryna Botha ·

Ek sal se gee wat hulle wil he en stel dokument op wat se geen verhoging vi di volgende 4jaar en geen stakings ni en enige iets binne daai tydperk sal hule afgedank word, dan sal dar iets van kom verstaan hulle nie dat almal hierdeur geraak word ni, of dank hule af en gee mense werk wat graag wil werk wnt hoe moet mense lewe en wat van di kinders! Die mense moet begin wakker skrik want die mense lei daar onder en hule moet vining tot n besluit kom wat hule wil doen voor hule land totaal en al in sy kanon is!!!

Dorette ·

Hule dink glad ni aan elke mens wt by di myn bedryf is ni. Alle gsinne kry nu swaar oor hule ni kan dink ni. Ek werk liewes vi di selle salaris en weet my gsin word gvoed

stompie le grange ·

We’ll wat moet ons enkel ouers se en doen. Dit gaan sleg maar wat kan ons doen ons moet glo en vertrou

jacques ·

Psalm 138:8 – Die Here sal vir my sorg totdat ek doodgaan. U liefde hou nooit op nie. Moet asseblief nie ophou om vir my goed te wees nie

Joy ·

God knows it all…take your jobs back, do it because you are doing it for all SA who are without jobs….beware the days of regret that are sure to follow selfishness and a lack of discernment. Vir 10 jaar sukkel ek vir goeie werk, moenie stupid wees nie, GAAN WERK.

Phillip Maartens ·

Ons bid vir julle Rustenburg, het self vriende en familie daar.

Elke helpende hand kan help, mense moet net saam staan in nood.

Linda griessel ·

ek voel dat staking net ‘n mors van tyd en geld is vir ons en ons land. Geweld is soms ook die gevolg en so onnodig. ek wil ook graag baie geld verdien maar werk eerder vir min as niks. salarisse in Jhb is uiters hoog terwyl ons hier in die Weskaap moet bid jy kry maar werk vir ‘n skamele R3000 vir ‘n voldag werk. MY SIENING VAN STAKING IS – ONMIDDELLIKE AFDANKING MET STAKING EN STEL MENSE AAN WAT WIL WERK.

Linda Griessel ·

Stakings bring net verdere elende na ons land. mors baie kosbare tyd en geld wat dikwels to geweld lei.. MY OPINIE IS ONMIDDELIKKE AFDANKING MET STAKING EN GEE MENSE WAT WIL WERK DIE WERK. die salarisse in Jhb is baie hoog en in die weskaap moet ons bid jy kry werk vir ‘n skamele R3000 pm vir voldag. almal in Jhb kla oor hulle hoe korttermyn premies maar dit is omdat hulle sulke duur huise (wat eerder soos paleise lyk) wil he. goedkoper huis – kleiner premie. en almal ry met karre wat ‘n fortuin kos, ja betaal dan maar die verskriklike premie op jou motor . verder kry ek julle almal jammer om soveel petrol te moet mors om net by julle werk te kom en al die onnodige tolgelde – hiervan wil ek nie eens my kommentaar los nie want kort is dit diefstal van ons mense se swaarverdiende gelde en wie mors dit uit???????

Deirdre ·

Stel mense aan wat wil werk en wat enigiets sal verdien om in kos en klere te voorsien, in plaas van mense wat die hele land tot ‘n stilstand en ekonomiese swakheid wil lei.

nicolette ·

Ek dink dus heeltemal onnodig om maande lank te staak.ons almal weet dus geen werk geen pay ek werk eerder vir ‘n kleinsalaris as om in my kinders se honger gesiggies vas te kyk n nie eers vir hulle ‘n dak oor die kop te kan verseker nie.So mense ons is dit aan ons kinders verskuldig om vol magies en ‘n huis te he om in te slaap.

H J Strydom ·

Die Regering en Weermag moet nou, drasties hier begin in tree en die Myners wat wil gaan weer, beskerm. Dit moet een volgehoue Beskermings-proses word en wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.