Arno Carstens se dronkbestuursaak hervat

Arno Carstens (L) en sy regsverteenwoordiger Milton de la Harpe tydens 'n vorige verskyning Foto: SAPA

Arno Carstens (L) en sy regsverteenwoordiger Milton de la Harpe tydens ‘n vorige verskyning Foto: SAPA

Die dronkbestuurverhoor van die sanger Arno Carstens gaan na verwagting Woensdag in die Kaapstadse landdroshof hervat.

Carstens sou in Julie voor landdros Nadia Banwari verskyn het, maar sy was weens siekte nie in die hof nie. Die waarnemende landdros het die saak uitgestel.

Carstens het gefrustreerd gelyk oor die feit dat slotbetoë nie toe aangehoor is nie. Sy verhoor het al verskeie vertragings ervaar. Slotbetoë sal na verwagting binnekort aangehoor word.

Hy het vroeër onskuldig gepleit op ʼn aanklag van dronkbestuur, alternatiewelik om met ʼn bloedalkoholvlak van 0.20% te bestuur. Die staat het deur sy ondersoek die 0.20%-vlak bepaal. Die wettige perk is 0.05%.

Carstens is in Desember 2010 in hegtenis geneem nadat ‘n verkeersbeampte hom van die pad af getrek het.

Lees ook:
Arno Carstens weer in hof vir dronkbestuur
Geen verdere getuies in Arno Carstens-saak
Arno Carstens se dronkbestuursaak hervat
Arno Carstens: Saak duur voort
Arno Carstens se saak wéér uitgestel
Arno Carstens se bloedtoetse was glo “akkuraat”
Arno Carstens se bloedmonster bevraagteken
Arno Carstens: Onreëlmatighede in bloedtoetse
Sanger weer in hof oor dronkbestuur
Sanger se hofsaak uitgestel
Arno Carstens in hof oor “dronkbestuur”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Babs ·

Vir die hoeveelste keer. Vermorsing van geld. Wat van die ministers wat dronk bestuur het, ongelukke veroorsaak het en glimlaggend by die hof uitgestap het – Saak afgehandel. Vanaf 2010 tot 2014 – saak duur langer as die Vrystaat moordverhoor.

marlene ·

Plaas hulle liewer die geld op iets beter bestee. Die ministers ry dronk rond en wat gebeur met hulle NIKS……….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.