Arno Carstens weer in hof vir dronkbestuur

Arno Carstens (L) en sy regsverteenwoordiger Milton de la Harpe tydens 'n vorige verskyning Foto: SAPA

Arno Carstens (L) en sy regsverteenwoordiger Milton de la Harpe tydens ‘n vorige verskyning Foto: SAPA

Die musikant Arno Carstens het Donderdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van dronkbestuur.

Carstens sou voor landdros Nadia Banwari verskyn het, maar sy was weens siekte nie in die hof nie. Die waarnemende landdros het die saak voorlopig tot 5 Augustus uitgestel.

Carstens het gefrustreerd gelyk oor die feit dat slotbetoë nie Donderdag aangehoor is nie.

Hy het vroeër onskuldig gepleit op ʼn aanklag van dronkbestuur, alternatiewelik om met ʼn bloedalkoholvlak van 0.20 persent te bestuur. Die 0.20%-vlak is bepaal deur die staat se analise. Die wettige perk is 0.05%.

Carstens is in Desember 2010 in hegtenis geneem nadat ‘n verkeersbeampte hom van die pad af getrek het.

Lees ook:
Geen verdere getuies in Arno Carstens-saak
Arno Carstens se dronkbestuursaak hervat
Arno Carstens: Saak duur voort
Arno Carstens se saak wéér uitgestel
Arno Carstens se bloedtoetse was glo “akkuraat”
Arno Carstens se bloedmonster bevraagteken
Arno Carstens: Onreëlmatighede in bloedtoetse
Sanger weer in hof oor dronkbestuur
Sanger se hofsaak uitgestel
Arno Carstens in hof oor “dronkbestuur”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

EMK ·

As hy hom nie skuldig maak aan dronkbestuur sal hy nooit “gefrustreerd” hoef te lyk omdat slotbetoë nie aangehoor is nie. Kry vir jou ou grote….

Canned Phantom ·

Hy het nognie besef wat kon gebeur het met sy dronkbestuurdery nie. Dis hoekom hy nog geïrriteerd is. Sy kop moes in skaamte gehang het en hy moes jammer gewees het. Die jammer wat kom wanneer jy verantwoordelikheid vir jou dade aanvaar.

Babs ·

Sal graag wil weet hoeveel geld al vermors is met die uitstel van die saak. Vanaf 2010 en hulle kan nie besluit of hy skuldig of onskuldig is. So gaan dit ook met ander sake. Iets raak altyd weg of daar is nie voldoende getuienis. As dit ‘n moordsaak was, was die saak lankal van die rol geskrap.

Theresa ·

So word tyd en geld gemors. Dit kan hulle so goed doen, maar nie al die gemors in ons land regmaak nie.

Peter Says ·

Onthou, die dikte van jou beursie…bepaal die tydsduur van n saak, dit is sowaar.

Marlene ·

Hierdie storie is nou holrug gery. Julle mors net geld. Veroordeel eerder die moordernaars en bring die doodstraf terug. Moet nie tyd mors met die gemors nie. Genade toe ander sangers gevang is vir dronk bestuur wat het van hulle geword.?

pop ·

Ander sangers erken maar hulle is skuldig en betaal maar die boetes, maar arogante meneer Carstens is mos verhewe bo die wette. Wonder wat sou gebeur het as daar slegte nagevolge was oor die drank. Sies vir jou Arno

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.