Baba in asblik gevind in Potchefstroom

Trimpark in Potchefstroom. Foto: Skermskoot/Google Maps

Trimpark in Potchefstroom. Foto: Skermskoot/Google Maps

ʼn Pasgebore baba is Sondagaand in ʼn asblik in Potchefstroom in Noordwes gevind.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die baba is in ʼn asblik in die Trimpark gevind.

Volgens Bodasing het paramedici die baba ondersoek . Daar was egter niks wat hulle kon doen nie en die baba is op die toneel dood verklaar.

Die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

liza ·

Ek kan nie verstaan waarom mense voort gaan met n swangerskap, en dit net om die baba weg te gooi na geboorte, julle is siek

Michiel ·

Jip Liza, dan word mens gekruisig as mens aborsie voorstaan. Kyk nou maar wat se kommentaar so iets uitlok ne! In sulke gevalle sou dit beter wees en klaar. Nou word die arme onskuldige kind weggegooi en is ‘n las op die regering (ons, belastingbetalers!) Sometimes you have to be cruel to be kind, jammer. Voorbehoeding is ook orals gratis beskikbaar, daar is ook plekke van sorg waar die kind heen geneem kan word maar nee. Dus, aborsie is maar dan ‘n opsie as jy dom is. En stenig my maar dis fine, dis my opinie ne, want ek sien elke week van die tipe goed in koerante en op die nuus!

SI ·

Die trimpark in Potchefstroom is ‘n NES!! So sentraal deel van Potchefstroom …..

scalla ·

n hond doen dit nie eers nie, hoop die persoon word gekry en die gevolge dra. barbaars

jacque ·

Dis siek hoe werk n ma en pa se koppe God het daai kind met n doel vir hulle gegee. Hull het die beproewing gefail.. en dit nog skamteloos ok

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.