Baba L: Aanrander môre gevonnis

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

Die sakeman van Pretoria-Noord wat sy vriendin se tweejarige dogtertjie, bekend as Baba L, so erg mishandel het dat sy gestremd gelaat is, word Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis.

Regter Nico Coetzee het Maandag die 37-jarige man, wie se naam nie genoem mag word nie om die kind se identiteit te beskerm, se vonnisoplegging tot Dinsdag uitgestel.

Die staat het aangevoer dat die man, ʼn geskeide pa van twee kinders, tot 10 jaar gevangenis gevonnis moet word. Sy verdediging het egter aangevoer dat ʼn groot boete ʼn swaar genoeg straf sou wees.

Die hof het aangehoor dat die man se onderneming, wat dakligte installeer, ineengestort het ná sy inhegtenisname, maar dat hy hoop om dit weer op die been te bring.

Heinrich Moldenhauer, die beskuldigde se prokureur, het gesê sy kliënt is na aan sy biologiese kinders en dat sy seun sielkundige berading moes ontvang om sy pa se inhegtenisname te verwerk.

Salome Scheepers, vir die staat, het aangevoer die beskuldigde het geen berou hoegenaamd getoon oor die mishandeling nie, en dat hy direkte tronkstraf verdien. Sy het gesê die beskuldigde het Baba L, nou drie jaar oud, van haar lewe ontneem.

Coetzee het die man verlede week skuldig bevind aan kindermishandeling, maar het hom vrygespeek op die aanklagte van poging tot moord en die versuim om mediese behandeling aan haar te verskaf.

Baba L se 21-jarige ma is vrygespreek op al die aanklagte teen haar. Die hof het bevind daar was geen bewyse dat sy haar dogter mishandel het, of toegelaat het dat haar kêrel Baba L mishandel nie.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Baba L.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anet ·

ASB NEE !!!! Geen versagtende omstandighede nie. As hy so naby aan sy biologiese kinders is, sal hy nie ‘n baba so aanrand nie. Ek het ook nie ‘n saak met die feit dat sy besigheid ondergegaan het nie, dit is sy eie skuld. Geen boete kan vergoed oor wat hy aan die onskuldige kind gedoen het nie. Neem sy voorregte weg van hom, en ek hoop dat PAPPA in die gevangenis na hom sal omsien

Lillian ·

Versagtende omstandighede? Moenie laat ek lag nie. Die regering spandeer derduisende rande om mishandeling teen vroue en kinders te bekamp en nou wil sy regslui hom net ‘n boete laat oplê? Daai prokureur moet sommer van die rol geskrap word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.