Baba loop op N1-snelweg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16 maande oue kind is Donderdagaand byna deur ʼn vragmotor getref toe hy op die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit in Gauteng gestap het.

“Die kind is vermoedelik langs die pad afgelaai, aangesien daar nie enige huise in die omgewing is nie,” het Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, gesê.

Sy sê verkeerspolisie wat die N1 patrolleer het, het omstreeks 19:00 gesien dat ʼn vragmotor uitswaai en toe die kind in die straat sien stap.

“Hy is na ʼn plek van veiligheid geneem vanwaar hulle sy ma probeer opspoor het,” het Nxumalo gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

sylvia ·

Hoe nalatig kan jy wees om so klein kind op n highway te gaan af laai en dit nogal in die aand hoop jul trek die ma vas en sluit ha toe dis net so goed soos moord. Dankie vir die trok drywer wat so bedagssaam was en uit geswaai het vir die arme kind jy verdien n medalje of iets.

PURE BOER ·

Wag vir die hele storie, onthou dat dit n Hijacking kon gewees het

AmY ·

Watter tipe ma/pa doen sulke dinge? Die arme kind. Hy is beter af waar hy nou is.

Veronica Deacon ·

‘n Ma wat tot so-iets in staat is moet liefs gesteriliseer word.
Waarom nie die kind gee vir aanneming nie?

Nuus_Leser ·

Uhmmm… Ja, nou het ek alles gelees! Daai arme kind, hulle moet hom/haar hou by die plek van veiligheid. Dis beter so!

Leana ·

Hoe kan enige mens so harteloos wees om ‘n kleine kind langs die pad af te laai. Dis mos byna soos moord man !

martie ·

Hoekom gaan almal nou af teenoor die ouers? Wie se die kind was nie in n gekaapte moter nie. Nog erger dalk ontvoer vir n seksuele misdryf? In vandag se dae is enige iets moontlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.