Video: Baba vasgebind sodat versorger kan TV kyk

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die video volg onderaan die berig. Die eienaar van ʼn kleuterskool in Rosettenville, suid van Johannesburg, het glo ʼn kleuter vasgebind en haar mond toegeplak, omdat sy televisie wou kyk, berig die Daily Sun.

ʼn Video van die voorval is aan die koerant uitgelek. Labeeba Truter, die eienaar van Petite Bumper-dagsorgsentrum, het glo aanvanklik ontken dat dit haar badkamer is, maar nadat sy die video gesien het, het sy toegegee.

“Ek is bewus van die voorval, maar dit was nie ek wat dit gedoen het nie,” het sy gesê. Sy beweer sy het nie geweet dit is kindermishandeling nie. Sy het gevolglik nie die voorval by die polisie of by die kind se ouers aangemeld nie.

Beauty, die 16 maande oue baba, se ma se identiteit is nog nie bekend nie.

Daar is 12 kinders in een ongemeubileerde vertrek. Dr. Sello Mokoena van die departement van maatskaplike ontwikkeling het aan die koerant bevestig die sentrum is nie geregistreer nie.

Klik hier en klik hier om meer te lees.

Bron: eNCA News, Daily Sun

Lees ook:
Eienaar van dagsorgsentrum amptelik aangekla
Dagsorgsentrum waar kleuter glo mishandel is, is toegemaak
Polisie soek hulp ná kindermishandeling

WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

bibi ·

Interessant genoeg ne!…daars nou geen kommentaar van die gewone “ou klaers” nie..Seker omdat dit ‘n onskuldige swart baba is..wys jou net weereens!!!

Jasper ·

My simpatie lê by die kind en alle kinders wat mishandel word. Mag ek nou maar gal braak oor die eienaar se bollie wat sy kwytraak ?

julandi ·

Dis is so hartseer my hartjie gaan uit na daai baba toe en ek weet die Here sal daai dagsorg dame straf en vir ha laat kry wat ha toekom.Ek bid dat daai baba nie onthou wat nou met ha gebeur het nie die arme ou dingetjie ek bid dat sy okay.

Annemarie ·

Oe daai juffrou of wat sy haarself noem, kan blerrie bly wees ek is nie die mamma of ouma van daardie kindjie nie. Ek sou teen die tyd almal van hulle binne en buiten toe gedop het!!!!! ‘n Kind is ‘n kind maak nie saak watter velkleur hy/sy is nie. Wat te erg is, is te erg. ek hoop nie die verantwoordelike persoon kom hiermee weg nie.

anri ·

Ouers moet deeglik navors en met betroubare verwysings hul kinders in dagsorg plaas. Die is nog ‘n euwel wat in SA aan die toeneem is! Hoop sy word toegesluit en die sleutel weggegooiOuers moet deeglik navors en met betroubare verwysings hul kinders in dagsorg plaas. Die is nog ‘n euwel wat in SA aan die toeneem is! Hoop sy word toegesluit en die sleutel weggegooiOuers moet deeglik navors en met betroubare verwysings hul kinders in dagsorg plaas. Die is nog ‘n euwel wat in SA aan die toeneem is! Hoop sy word toegesluit en die sleutel weggegooiOuers moet deeglik navors en met betroubare verwysings hul kinders in dagsorg plaas. Die is nog ‘n euwel wat in SA aan die toeneem is! Hoop sy word toegesluit en die sleutel weggegooi!!

Mariette ·

Dis ‘n skande en dan wil hul te kenne gee hul het nie geweet dis kinder mishandeling nie????? Rerig??? wat, doen hul dit aan hul eie kinders ook???? Ek dink, altans hoop nie so nie. Kry die idee hul dink dit is normale behandeling………Nee rerig hoe stupid moet jy wees om dit nie as kinder mishandeling te sien nie. Hoop daai plek is toegemaak.

Marietjie ·

sy moet oppas dat dit nie eendag aan haar klein kinders gedoen word nie, gewetenlose ou vrou

Anon ·

Twee punte pla my.
1. Wie het die video geneem, hoekom het die nie gehelp nie
2. As dit close circut is is. Dit is onwettig om kameras in toilette en badkamers aan te bring

DdB ·

Ek stem 200% saam. Iets klink nie lekker bie. Wie ookal die video geneem het is meer barbaars as die eienaar

Anne ·

Presies my gedagte. Wie is so onmenslik en barbaars om die video te neem en niks te doen nie!! Hierdie kindjie het permanente skade opgedoen met hierdie insident en dit was sekerlik nie die eerste keer nie!! AAKLIG!

Wilna ·

Wie het in die eerste plek die video geneem? Daar is nie meubels in nie, plek is nie geregistreer nie, so wat is die kanse dat daar CCTV is? Daardie persoon moet ook aangekla word, vasgemaak word in wind en weer aan ‘n boom of ‘n ding en natuur sy gang laat gaan….

Tina ·

Dit is verskriklik, maar wie is die persoon wat die video geneem het. Hoekom het hy of sy nie ingetree nie. 3 ure! Dink die video opnemer moet ook aanspreeklik gehou word.

sylvia ·

dis kinder mishandeling en klaar daar is nie so iets soos jyt nie geweet dis kinder mishandeling nie hoop die ouers van hierdie kind laat jou betaal en sommer jou kleuterskool toe maak, wie is die persoon wat die video geneem het is dit dalk een van die onderwysers of helpers??????? jy is net so skuldig aan die mishandeling jy, kon daardie kind los gemaak het. wat is nou so erg om vir n kind tv aan te sit daar waar hy/sy rustig is, kinders moet tv kyk, daar is nie so ding van n kind mag nie tv kyk nie.

Judith ·

Waarom kyk sy dan na kinder as sy dit nie wil doen nie aangesien n tv belangriker is……. Maak nie saak wat nie kind bly kind en die vrou het gekies om na die kinders om te sien hoe doen mens so iets aan iemand anders se kind……… Ons mense is siek……..

Danette ·

Ek sal haar vermoor. Ek wens ek kan haar in die hande kry. Ek kan nie eers die video kyk nie want ek raak so onsteld! Wie dink sy is sy om so iets aan ‘n onskuldige kind te doen?! Sleg vreksel.

NUUS_LESER ·

Die arme kind!! EK stem saam met jou Anon, dit maak glad nie sin nie! Wie plaas kameras in badkamers? Dis siek verby!! So ‘n dagsorg moet geskrap word sodat daar nie nog so ‘n voorval kan plaasvind nie!

Anon ·

Ai Bibi! Jy gaan so te kere oor die kind. Vir ons maak dit nie saak of dit blank, swart, pienk of geel is nie, dit bly verkeerd. Jy oordeel darem te vinnig oor die “ou klaers” . Dis n kind en ons almal is teen kindermishandeling.

Dot van der Vyver ·

Maak haar “skool”toe, versorei hasr naam sodat sy nooit weer na kibders mag kyk nie! Wst n skande. Hoop nie die arme kindjie gaan sielkundige letsels he nie

pop ·

Nouja as daar een video geneem kan word!!!!! ek dink dis n nes daai waar erger dinge as die een gebeur het. Net n baie siek mens kan sit en n video neem van n arme weerlose kind. Ek dink nie die video nemer het dit publiek gemaak nie, dis dalk gegaps sodat aandag na daai plek gelei kon word.

bibi ·

Vra verskoning Anon..Het net gewonder!.. “wat neem dit so lank vir maroela media se getroue lesers se kommentaar”..hoop en vertrou die arme kleintjie herstel van enige sielkundige letsels en pyn..

Free-Spirit ·

Thank you to the person that made this video did you assist this child or just walk away. to the member that brought racism into this get a life. no child no matter what race creed culture or religion should be treated in this manner. to the parents of this child I just want to say sorry for the abuse she she to cope with my heartfelt sympathy goes out to you. to the staff of this creche all I can say is I hope that you will be prosecuted to the full extent of our laws

Free-Spirit ·

Thank you to the person that made this video did you assist this child or just walk away. to the member that brought racism into this get a life. no child no matter what race creed culture or religion should be treated in this manner. to the parents of this child I just want to say sorry for the abuse she had to cope with my heartfelt sympathy goes out to you. to the staff of this creche all I can say is I hope that you will be prosecuted to the full extent of our laws

dinaline ·

Don’t know why people do this its sick to hurt a child like that what would that person do it someone hurts her child one day like that

ReneG ·

Die mensdom is wreed! Ek werk elke dag met misdadigers wat kinders verkrag en selfs vermoor het en dit is my opinie dat die persoon wat daardie kleinding vasgemaak het, dieselfde behandeling moet kry as kinder verkragters en -moordenaars. Die hoop dat die kind niks sal onthou nie, is baie onwaarskynlik. Dit was erge trauma en as sielkundige is dit my mening dat die kleinding so gou moontlik by ‘n spelterapeut moet uitkom. As ek nie so ver gewoon het nie, het ek my dienste gratis aangebied. Die ander kinders wat dag na dag in daardie hool moes bly, moet ook geasseseer word, want as dit met een kleinding kon gebeur, kan daar nog ander slagoffertjies wees. Ouers moet regtig meer paraat wees oor in wie se sorg hulle hul kinders laat. Uit ondervinding in my professie kan ek eerlik se dat ‘n persoon se eie familie nie eers altyd die veiligste opsie is nie.

louise ·

Bitter hartseer. Ek het skaars begin kyk toe loop die trane. Dit is baie hartseer om te weet dat kindertjies so behandel word in omstandighede waar hulle veilig en gelukkig deur die dag moet wees ongeag kleur of ras. Mag die nemer van die video, die eienaars van die kleuterskool en almal wat nog betrokke is gestraf word.

dinaline ·

Dit is siek man dink mense moet haar so vas bind hoe kan n mens dit an so klein kind doen sulke mense moet hulle bruins gebruik

Paul ·

Dit is net waar ek my geduld verloor en so ‘n mens so kop met ‘n stomp mes sal afsaag omdat hulle klein kinders mishandel wat nie vir hulself kan opstaan nie… Bring die doodstraf terug!

Susan Coetzee ·

Dit is so siek,dis n baba,n kind,maak nie saak wat die ras of kleur nie,GEEN kind verdien dit om so mishandel te word nie.Ek is bly die plek is toegemaak,ys as ek dink watse ander onheilige goed het daar gebeur.

Hester ·

Dit maak nie saak of die kind pienk, pers, swart of wit is nie, wat hulle gedoen het is verkeerd, miskien moet daar ook ‘n register van hierdie tipe mense gehou word soos hulle met die pedofiele doen, dan sal hulle weet daar sal gou met hulle klaar gespeel word, die arme kind, ‘n hond doen nie eens dit aan haar kleintjies nie watter tipe monster doen dit, ek se monster want normale mense sal nie dit aan ‘n kind doen nie.

Bohemian_Girl ·

This is why I hate Humanity. Dit is belaglik! Daar is nie worde vir die mense se aksies nie. Nie een kind verdien om so gehanteer te word nie, dit los ‘n sielkundige letsels by ‘n kind, ek weet. Maar dis alright, God se sambok sal nog op daai vroue HARD neer slaan. Veral die een wat die video gemaak het, aan gesien sy/hy eder die video gemaak het as om die kind het help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.