Bejaarde in Uitenhage vermoor

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012Matthys Human (80) se liggaam is Saterdag in sy huis in Uitenhage in die Oos-Kaap aangetref.

Ao. Gerda Swart het Sondag aan Maroela Media gesê Human se bure het Saterdagoggend die polisie ontbied nadat hulle onraad begin vermoed het aangesien hulle Human lanklaas gesien het. Human het alleen gebly.

Sy sê die polisie is na Human se huis in Cathcartstraat in Van Riebeeckhoogte waar hulle gesien het een van die agterdeure is oop. “Sy liggaam is in die gang aangetref.” Swart sê Human is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan.

“Die nadoodse-ondersoek sal bepaal hoe lank hy reeds dood was voor hy gevind is.” Swart sê talle items waaronder elektriese toebehore word uit die huis vermis.

Sy sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie maar dat die polisie ʼn saak van moord en diefstal ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jenny ·

Dis n sonde! So onmenslik! Rus in vrede oom. Dit kon my ouma of oupa gewees het! Sterkte aan die familie.

Daantjie Maartens ·

Oom Thys was n familielose enkel-gesant. Vertrou u sal eerder n nominale bydrae maak ( anders as die stereotipe CNA -kaartjie ) nou dat jy weet hy het hom grotendeels beywer om indringer-plantspesies uit te roei.

Maureen Klaasen ·

Die oom het `n dogter, Tilana Fourie, sy is my buurvrou in Amalinda Oos Londen. Haar moeder is so 3jaar gelede oorlede. Ook my simpatie aan haar en haar ander familie: ooms , tantes, niggies en neefs Dit was wreed en ons hoop die moordenaar/s is spoedig agter tralies.

monique duxbury ·

So hartseer dat mense in suid afrika so maklik vermoor word vir n tv of wat ookal..lyk my dis makliker om te moor en te steel as om te werk..die regering gee te maklik en straf nie die ge@/$s nie….jong mense in suid afrika kan hoe opgelei word maar hul sal bly steel…

Adriana Stuijt ·

Eastern Cape police have made a breakthrough in the murder of 80-year old Uitenhage resident Mathys Human. SAPS warrant-officer Gerda Swart says two young male suspects were arrested on Wednesday night for the murder of Mathys Human, whose body was found in his house on Saturday. Swart says the two suspects will appear in Uitenhage Magistrate’s Court on Friday and face charges of murder and robbery. “A breakthrough came on Wednesday night. We were acting on information. Two suspects were arrested at their homes. Both suspects are in their late 20’s” she said. (Brad Mulder reports on facebook page of Boere Krisis Aksie April 24 2014)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.