Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, kon nie die omvang van die man se beserings bevestig nie maar sê die man is gehospitaliseer.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het vroeër gesê dat die man in die arm geskiet is.
Die drie gewapende mans het ‘n elektroniese winkel binnegestorm en die personeel beveel om op die grond te gaan lê. Hulle het met selfone en iPad’s van die toneel gevlug.
Intussen het veiligheids- en polisiebeamptes een van die sentrum se ingange afgesper. Daar kon ook gesien word hoe polisiebeamptes verklarings afneem by personeel binne die iStore-winkel.
‘n Werknemer van ‘n ander winkel naby die iStore sê die rooftog het soos ‘n toneel uit ‘n rolprent gelyk.
“Ek het ‘n geraas gehoor en buite toe gegaan. Ek het uitgehardloop en ‘n man met ‘n vuurwapen gesien.”
Volgens die werknemer het die groep gewapende mans met drie groot sakke vol elektroniese ware gevlug.
“Nadat die verdagtes uit die winkel gevlug het, het ons geweerskote gehoor en almal het op die vloer neergeval.”
Lees ook:
Een persoon gewond tydens Cresta-rooftog