Bloulig-tiener: “Familie en vriende het ons verstoot”

Priscilla en Paul Ferreira, Thomas se ouers, tydens 'n vorige hofverskyning Foto: Werner Beukes / SAPA

Priscilla en Paul Ferreira, Thomas se ouers, tydens ‘n vorige hofverskyning Foto: Werner Beukes / SAPA

Priscilla Ferreira, die ma van die tiener wat deur ʼn blouligmotor omgery is, het gesê dit was ʼn spanningsvolle twee jaar en vier maande vir hulle.

Thomas is ernstig beseer nadat ʼn blouligmotor van Humphrey Mmemezi, voormalige LUR van behuising in Gauteng, hom in 2011 van sy motorfiets afgestamp het. Joseph Motsamai Semitjie, wat die motor bestuur het, is reeds skuldig bevind en sou Donderdag gevonnis word.

Priscilla het ná die hofverrigtinge by die landdroshof in Krugersdorp gesê die voorval het nie net Thomas se lewe nie, maar ook hulle lewens, verwoes. “Vriende en familie het ons verstoot,” het sy gesê. Haar 18-jarige dogter sukkel ook om haar broer se toestand te verwerk.

Priscilla sê alhoewel Thomas se toestand verbeter het, is daar bykans geen teken van vordering nie. Thomas, nou 21, moet volgende week nog ʼn operasie ondergaan.

Sy sê hulle het nog nooit ʼn verskoning van Semitjie ontvang nie. “Hy het nog nooit met ons gepraat of om verskoning gevra nie,” het Priscilla gesê. “Die enigste persoon wat met ons gepraat het, was die premier [Nomvula Mokonyane] en dit was drie dae na die voorval.”

Thomas was ʼn paar weke lank in ʼn koma ná die ongeluk.

Semitjie is skuldig bevind aan roekelose en nalatige bestuur. Hy het links van die geel streep gery en ʼn rooi verkeerslig verontagsaam. Landdros Abdul Khan het Semitjie ook veroordeel dat hy nie ná die ongeluk Ferreira bygestaan het nie.

Semitjie se vonnisverrigtinge is tot 3 April uitgestel nadat hy ʼn nuwe prokureur, Thomas Mahlobogoane, aangestel het. Dit is nie duidelik waarom sy vorige prokureur, Moses Rankoa, afgedank is nie. Hy sal dan eers in ʼn latere stadium gevonnis word. Semitjie is nie in polisie-aanhouding nie. -SAPA

Lees ook:
Bloulig-tiener: Vonnis uitgestel
Bloulig-tiener: Bestuurder vandag gevonnis
Video: Bloulig-tiener: Thomas sal nooit weer dieselfde wees
Bloulig-saak: Bestuurder hoor lot
BBP-bestuurders moet doen wat BBP sê, hoor hof
Bloulig-tiener: LUR het blou ligte versoek
Bloulig-tiener moet glo aangekla word; Mmemezi was laat vir vergadering
Bloulig-tiener: Bestuurder het kursus glo twee keer gedop
Bloulig-tiener: Bestuurder glo meer besorg oor kar as oor Thomas
Bloulig-tiener se LUR koop nou glo skildery van R10 000 deur McDonald’s
Bloulig-tiener se bestuurder uiteindelik aangekla
Bloulig-tiener se LUR in nóg ʼn ongeluk
Bloulig-ongeluk moet nie “verpolitiseer” word nie
Bloulig-tiener sterk aan
Video: Bloulig-tiener eet self, praat weer
Bloulig-tiener: departement moet nog hospitaalrekeninge betaal
Bloulig-tiener skryf naam, gee eerste tree
Bloulig-tiener ‘herstel’ van dodelike infeksie
Bloulig-tiener weer in hospitaal, steeds geen hulp
Gesin wag steeds op hulp na bloulig-kar seun tref
Bloulig-kar: Tiener se skade lyk permanent, premier wil steeds betaal
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is uit intensief

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Linda ·

Baie sterkte aan julle! In mens se donkerste uur sal jy jou ware vriende vind, hoe jammer en tragies dat selfs familie julle verstoot het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.