Bloulig-tiener: Vonnis uitgestel

Priscilla en Paul Ferreira, Thomas se ouers, tydens 'n vorige hofverskyning Foto: Werner Beukes / SAPA

Priscilla en Paul Ferreira, Thomas se ouers, tydens ‘n vorige hofverskyning Foto: Werner Beukes / SAPA

Die vonnisuitspraak vir die blouligbestuurder Joseph Motsamai Semitjie is Donderdag in die Krugersdorp-landdroshof uitgestel.

Die saak sal op 3 April hervat om sy nuut aangestelde prokureur, Thomas Mahlobogoane, die geleentheid te bied om die hofdokumente te bekom en moontlik ʼn voorvonnisooreenkoms aan te gaan.

Mahlobogoane het aan die hof gesê hy het op 27 Januarie ʼn brief aan die hofklerk gestuur om die dokumente te bekom, maar geen reaksie ontvang nie.

Semitjie, voormalige bestuurder van Humphrey Mmemezi, oud-LUR van behuising in Gauteng, is skuldig bevind op aanklag van roekelose en nalatige bestuur. Hy het in 2011 die tiener Thomas Ferreira omgery.

Semitjie het links van die geel lyn gery en ʼn rooi verkeerslig verontagsaam.

Ferreira, wat in daardie stadium 18 jaar oud was, het kopbeserings opgedoen en was weke lank in ʼn koma.

Lees ook:
Bloulig-tiener: Bestuurder vandag gevonnis
Video: Bloulig-tiener: Thomas sal nooit weer dieselfde wees
Bloulig-saak: Bestuurder hoor lot
BBP-bestuurders moet doen wat BBP sê, hoor hof
Bloulig-tiener: LUR het blou ligte versoek
Bloulig-tiener moet glo aangekla word; Mmemezi was laat vir vergadering
Bloulig-tiener: Bestuurder het kursus glo twee keer gedop
Bloulig-tiener: Bestuurder glo meer besorg oor kar as oor Thomas
Bloulig-tiener se LUR koop nou glo skildery van R10 000 deur McDonald’s
Bloulig-tiener se bestuurder uiteindelik aangekla
Bloulig-tiener se LUR in nóg ʼn ongeluk
Bloulig-ongeluk moet nie “verpolitiseer” word nie
Bloulig-tiener sterk aan
Video: Bloulig-tiener eet self, praat weer
Bloulig-tiener: departement moet nog hospitaalrekeninge betaal
Bloulig-tiener skryf naam, gee eerste tree
Bloulig-tiener ‘herstel’ van dodelike infeksie
Bloulig-tiener weer in hospitaal, steeds geen hulp
Gesin wag steeds op hulp na bloulig-kar seun tref
Bloulig-kar: Tiener se skade lyk permanent, premier wil steeds betaal
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is uit intensief

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.