Boer tydens plaasaanval in die gesig geskiet

Argieffoto

Argieffoto

‘n Boer is Maandag op sy plaas buite Zeerust in Noordwes aangeval en in die gesig geskiet.

Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die boer was by ‘n kraal op die plaas waarna hy teruggekeer het huis toe.

Sy sê ‘n onbekende aantal mans het hom in die huis ingewag. Molale sê die boer is onmiddellik geskiet toe hy die huis binnegegaan het.

Hy is tussen sy een oog en oor geskiet, het Molale gesê. Die boer het hierna self na die naaste polisiestasie gery waarna hy in ‘n hospitaal opgeneem is.

Molale sê die boer was alleen op die plaas.

Molale sê die polisie ondersoek die saak en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

En so gaan dit aan en aan !

“onbekende aantal mans” – NEE, moet wees LAFAARDS EN MOORDENAARS.

SNEL ·

Goeiste, dis n Boer en n half hierdie, in die gesig geskiet en hy ry self polisiestasie toe. Dis n yster van n man hierdie. Dit bly n absolute wonderwerk dat hy nog lewe. Bitter bly vir sy familie dat hy niks oorgekom het nie!!

jjobson ·

Stem met snel saam. Die eerbare polisie eenheid moet nou as sekuriteit optree by die plaashuis want daardie lafaards kom weer terug.

ESTELLE ·

En so eindig elke berig “polisie ondersoek die saak en niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie”!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.