Boer vermoor in Vrystaat

Lees ook:
Vrystaat-plaasmoord: Bure red boervrou, kry boer se lyk

Foto: AfriForum Jeug

Foto: AfriForum Jeug

Jan de Kock (70) is op sy plaas buite Petrus Steyn in die Vrystaat vermoor.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, sê die Vrystaatse polisie het Sondagoggend ‘n oproep gekry van die polisie in Vereeniging nadat De Kock se Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie verlate langs ‘n pad gevind is. Die sleutel was in die aansitter.

Mophiring sê die polisie is na De Kock se plaas buite Petrus Steyn waar hulle sy liggaam gevind het. Hy is glo deur drie verdagtes aangerand en is op die toneel dood.

Die verdagtes het vuurwapens en selfone gesteel en met De Kock se bakkie gevlug. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Enigiemand met inligting kan die Petrus Steyn-polisiestasie by 058 871 3200 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Trippie ·

Dis met afgryse en ongekende woede wat ek hier lees.

Liewe genade, waarom steeds ons bejaarde mense afmaai, wat is die rede daarvoor, mense wat geen vlieg skade sal aandoen nie.

Die antwoord is voor die hand liggend – uitwissing van die Boerevolk. Niks met honger, of armoede te doen nie.

Petro Greyling ·

Hoeveel meer van ons Boere Gaan Vermoor word Voordat Daar Regtig Iets Daaraan Gedoen Gaan Word !!!!!

Rob Malan ·

Pero, die” regering” sal nooit iets daaraan wil doen nie! Boere is nie nou belangrik nie. Slegs wanneer al die boere se plase gevat is en die plakkerskampe is op produktiewe gronde opgerig en geen voedsel word geproduseer nie ( soos in baie Afrika lande) dan, sal daar weer gevry word na die boere om die dik boeppense van die ” fatcats”te vul!!

Derick ·

Help nie om te vra wat die regering gaan doen aan die probleem nie, hulle gaan eenvoudig doen wat hulle doen aan al die ander probleme in die land f#$#ol.

Blankes sal moet begin besef dat die land besig is om teen ‘n tempo te sink, en geen praat onderhandel of praat van ‘n verhoog af gaan dit verander nie.

Kyk na die nuus in ‘n groter prentjie mense, daar word berig dat die SANDF 1bn Rand kort vir salarisse, nou dink nou… dit is Afrika, wat gebeur in Afrika as die regering vir die weermag nie kan betaal nie….

Blankes moet begin om planne te maak om weerbaar te wees, leer weer dit wat al jare terug vergeet is, kry ons jeug weer betrokke en leer hulle…

Onthou julle nog die verhaal van Raka die ondier… indien nie gaan lees dit op… Dit is die verhaal van SA. lank terug voorspel…kyk Raka sit nou in ‘n rooi pakkie in die parlement…. Gaan lees hoe dit eindig.

david ras ·

Voorspelbaar, maar een van die items wat geroof is was ‘n selfoon. By elke moord op ‘n blanke–op ‘n plaas of in die dorp of stad–word ‘n selfoon gesteel. Daar is nou hoeveel gevalle waar slegs ‘n selfoon gebuit word. Is dit nie dalk ‘n geval dat die opset eintlik was om ‘n witman, en veral ‘n weerlose bejaarde te vermoor nie.? Deur die selfooon, ‘n klein an maklike vervoerbare item te neem, verander die “status” van die daad na roof. As dit net gewoonweg moord was, sou mense lankal begin vrae vra het, en na terrorisme verwys het.
In hierdie geval, is die wegkom bakkie nie in ‘n ongeluk gewees nie, soos in baie ander gevalle nie. Tog is dit opmerklik in hoeveel gevalle dat die boer se bakkie binne ‘n klompie kilometers van sy woning in ‘n ongeluk betrokke was—maar daar word nooit ‘n beseerde in of naby die voertuig gevind nie
Die Wapenbuit is in elk geval altyd ‘n bonus.
Ek vra weer die vraag___ Was dit moord met die doel om te roof, of roof met die doel om te moor ?

Elizabeth ·

@David Ras: hmmm interessante denkwyse. Ek moet ook hier sê dat die kastige selfoon stelery my al lankal laat wonder, hene by bv Pep stores kan mens ‘n Nokia wat tog ‘n goeie maak is, vir onder R200 kry, ander make is nog goedkoper. So daar is beslis geen rede om iemand vir ‘n selfoon te vermoor nie. It’s murder for the sake of murder…

Rob Malan ·

@David Ras: Albei!! My seun is koelbloedig doodgeskiet. Niks geroof nie? Seker maar Moord met die doel om te roof, maar toe besluit, roof is nie meer belangrik nie moord sal genoeg wees.

carel ·

Hoe weet die polisie dat daar 3 aanvallers was? En nou soek hulle nog na die aanvallers? Klink dit reg of wie het die aanval beplan?

Violet ·

Wanneer is genoeg genoeg? So moeg om te hoor hoe word ons mense vermoor en die regering doen net mooi niks. Nee magtig lyk my ons moet almal in n ander land gaan woon dan kan hulle mekaar uitmoor.

Rob Malan ·

Die slagting is allankal genoeg!! Net jammer ons boere doen niks daaraan nie. Ons staan nie saam en dioen iets nie. Om in n ander land te gaan woon is nie vir ouer mense moontlik nie. Jong mense , ja !!! Ons is te oud en niemand wil ons he nie. Ons seuns word vermoor, ons vrouens en dogters word verkrag en gemartel. Barbare, diere of mense??? Sekerlik nie diere nie!!!

Gawie Botha ·

Wonder of die Meerderheidsregering besef,dat die blankes al meer en meer besig is om “trop” te vorm soos skape wat in n hoek gejaag word deur n Kelpiehond,en dan as daai trop uitbreek keer drie honde hulle nie eers nie,,,!

charl ·

Sal die skuldiges ooit gekry word ? Nee, die grrootste hoeveelheid van die misdadigers is deel van die polisie self, en sal die skuldiges nie uitgelewer word nie. Die gemors kan doen wat hul wil, en kom niks oor nie, want hulle het baie, baie goeie ” backup “. Ek is net dankbaar om te kan sê, GOD slaap nie, en sal die gemors eendag almal voor Sy regterstoel verskyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.