Brande woed in Krugerwildtuin

Argieffoto.

Argieffoto.

Brande woed reeds die afgelope week in die Krugerwildtuin.

William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, het gesê die brande het verlede week Vrydag uitgebreek. Volgens Mabasa was daar ʼn wegholveldbrand in Mosambiek wat oor die grens na die areas suid van die Olifantsrivier beweeg het.

Mabasa het gesê daar het Woensdag nog ʼn brand ontstaan in die westelike dele van die park. “Twee brande het ook Donderdag naby die Phabeni-hek uitgebreek en is nog nie onder beheer gebring nie.”

Volgens Mabasa maak die warm weerstoestande dit moeilik om die brande onder beheer te bring. “Ons bewaringspersoneel werk dag en nag om die brande onder beheer te kry.”

Mabasa het ʼn beroep gedoen op besoekers aan die park om versigtig te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.