DA wil hof toe oor kospakkies

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoDie DA gaan die ANC en die maatskaplike sekerheidsagentskap (Sassa) hof toe sleep nadat hulle glo kospakkies by die regerende party se verkiesingsbyeenkomste uitgedeel het, berig Sunday Times.

James Selfe, leier van die DA se federale raad, het aan die koerant gesê dat hofstukke op Marius Fransman, Wes-Kaapse ANC-voorsitter, en Sassa beteken is. “Die DA glo dat die organisasies betrokke is by die groteske en voortgesette misbruik van die staat se hulpbronne vir party politieke gewin”. Die saak sal na verwagting voor die hooggeregshof in Kaapstad, wat as die verkiesingshof sit, gebring word.

Selfe sê die DA het beeldmateriaal van ʼn onlangse byeenkoms in Atlantis waar kospakkies glo deur die departement van maatskaplike ontwikkeling, die nasionale ontwikkelingsagentskap en Sassa uitgedeel is. Volgens Selfe het die DA ʼn gesamentlike antwoord van die departement en Sassa gekry waarin die DA daarvan beskuldig word dat hy “minagtend van die armes is” om voor te stel dat die uitdeel van kospakkies op misbruik neerkom.

Fransman het intussen aan die Sunday Times gesê dat hy onbewus is van die DA se regsaksie. Met verwysings na die byeenkoms in Atlantis het Fransman gesê hy is “vry om te gaan waar ook al hy wil.” Hy sê sy boodskap aan die DA is: “Cowboys huil nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Daantjie Maartens ·

Verstommend die stamina van n subspesie se wil vir oorlewing? Verkoop momenteel jou geboortereg vir n bord lensiesop – ly honger vir 4-jaar, en herhaal die proses van voor-af. ( Om intussen ter wille van oorlewing buitelanders se spaza-shops te plunder…..is the way to go. )
Problem solved.

Daantjie Maartens ·

Duidelik eet die subspesie net 1x keer elke 4x jaar. Die res word “aangevul” uit buitelanders se spaza-shops.

Babs ·

Marius Fransman en Tony Ehrenreich skrik net wakker wanneer hulle stemme wil werf. Hulle eie mense minag hulle.

Bruce ·

The EFF and their new friend Mr Cobus Roode will soon be in for a shock as the revelations into the life of Mr Roode become public, Roode is a fool and should never have gotten into bed with the EFF and cause ANC researchers to begin digging into the life and background to see who this “Boereseun” really is, now every detail of his life will be made open from FB to Twitter, to Wikipedia, The Sunday Times, Sowetan, Raport, all want to know who the new White guy is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.