“Delft-verkragter” nou ook van moord aangekla

Gemeenskapslede betoog voor die Bellville-landdroshof waar die verdagte voorheen verskyn het. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Gemeenskapslede betoog voor die Bellville-landdroshof waar die verdagte voorheen verskyn het. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die man wat daarvan verdink word dat hy ʼn negejarige meisie van Delft in Kaapstad verkrag en haar liggaam aan die brand gesteek het, gaan nou ook van moord aangekla word nadat die meisie drie maande ná die aanval aan haar beserings beswyk het.

Die 27-jarige man, wie se naam nie genoem mag word voordat hy gepleit het nie, het Donderdag in die Bellville-landdroshof verskyn waar die saak tot 8 Mei uitgestel is. Hy is aanvanklik aangekla van verkragting, seksuele aanranding, ontvoering en poging tot moord. Die laaste aanklag is na moord verander nadat die slagoffer op 18 Maart in die Red Cross-kinderhospitaal dood is. Sy is by dié hospitaal behandel sedert die voorval.

ʼn Aansoek om hom in ʼn afsonderlike sel aan te hou is toegestaan, aangesien hy voorheen in aanhouding aangerand is. Die landdros het ook beveel dat die man mediese waarneming ondergaan.

Familielede van die slagoffer het in Januarie in die veld langs die R300-snelweg op haar afgekom nadat die man haar glo verkrag en aan die brand gesteek het.

“Delft-verkragter” nou ook van moord aangekla

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.