Derby-Lewis: DKD-beamptes het te stadig reageer

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

S’bu Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het gesê beamptes het nie vinnig genoeg reageer om ʼn tweede aanval op Clive Derby-Lewis te verhoed nie, het The Star Dinsdag berig.

“Miskien moes ons vroeër reageer het toe hy aangeval was,” het Ndebele glo by ʼn ANC-konferensie gesê. “Gevangenes gaan tronk toe as straf, nie om verder gestraf te word nie. Ons beskou dit in ʼn ernstige lig. Niemand moet die reg in eie hande neem nie. Ons veroordeel dit ten sterkste.”

Derby-Lewis (78) is Sondag vir ʼn tweede keer by die Kgosi Mampuru korrektiewe sentrum aangeval. ʼn Mede-gevangene het hom met ʼn stuk glas aangerand. “Wanneer Derby-Lewis uit die hospitaal ontslaan word sal hy in ʼn enkelsel geplaas word sodat dit nie weer kan gebeur nie,” het Ndebele gesê. “Ons sal seker maak dat hy veilig is.”

ʼn Ander gevangene het hom in Februarie met ʼn skerpgemaakte lepel aangeval.

Hy is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in die moord op Chris Hani, voormalige leier van die SAKP. Hy het reeds sowat 20 jaar uitgedien. Hani is in 1993 in sy oprit doodgeskiet. -SAPA

Lees ook:
Derby-Lewis: Aanvaller wat Oscar dreig net nóg ‘n sensasie-soeker
Derby-Lewis weer in tronk aangeval
DKD ontken Derby-Lewis-berig
Hof las dat Derby-Lewis na hospitaal oorgeplaas word
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Derby-Lewis en Walus sterk in hospitaal aan
DKD bevestig aanval op Derby-Lewis en Walus
Clive Derby-Lewis en Janusz-Walus glo in tronk aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Joey Combrinck ·

Miskien is dit tyd dat regverdigheid nou geskied en hy ook begenadig word. Ek kan nie juis verstaan waarom vonnisoplegging so verskil nie. Sommige mense soos mnr Derby-Lewis sit jare terwyl ander skaars deur hul aanpassingsfase gaan en dan ontslaan word. Moord is mos moord ….waarom dan nie dieselfde kriteria gebruik nie. Die korrektiewe dienste het mnr Derby-Lewis gefaal. . As ek sy familie is sal ek beslis regshulp kry!

Rentia ·

Laat hom vry!

Waarom moes julle wag tot ‘n 2de aanval plaasgevind het, dit kon noodlottig gewees het, en wie moes dan die “gelag” betaal het?

Joey Combrinck, ek stem saam met jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.