Dewani gaan uitgelewer word

Shrien en Anni Dewani

Shrien en Anni Dewani

Die wittebrood-moordverdagte Shrien Dewani gaan van Brittanje na Suid-Afrika uitgelewer word, het die departement van justisie aangekondig.

“Die uitleweringsproses word nou deur die Suid-Afrikaanse regering deur middel van die departement van justisie hanteer,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê. Hy sê die departement skakel met kantoor van binnelandse sake in Brittanje om die uitlewering te fasiliteer. “Ons werk onverpoosd om te verseker dat sy terugkeer na ons land finaliteit bring in hierdie uitgerekte regsproses.” Mhaga kon egter nie bevestig op watter dag Dewani in die land sal aankom nie. PowerFM berig intussen dat Dewani op 8 April na Suid-Afrika uitgelewer sal word.

Dewani se uitlewering kom nadat hy reeds verskeie kere appèl aangeteken het en dit telkemale van die hand gewys is. Die Londense hoërhof het vroeër beslis dat Dewani aan Suid-Afrika uitgelewer mag word as die Suid-Afrikaanse regering ʼn onderneming gee van hoe lank Dewani sonder verhoor in die land gehou sal word. Dewani het teen uitlewering geveg op grond van sy geestesgesondheid.

Dewani word beskuldig van die moord op sy bruid, Anni, tydens hul wittebrood in Kaapstad in November 2010. Hy word daarvan beskuldig dat hy Anni deur huurmoordenaars laat vermoor het. Drie mans is reeds aan haar moord skuldig bevind en gevonnis.

Lees ook:
Dewani verloor weer appél teen uitlewering
SA gee onderneming oor Dewani
Shrien Dewani kan uitgelewer word
Shrien Dewani: Uitspraak voorbehou
Shrien Dewani moet uitgelewer word
Nog bewerings van gayseks teen Shrien Dewani
Shrien Dewani mag aan SA uitgelewer word
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Dewani in hospitaal opgeneem
Anni Dewani se moordenaar gevonnis
Mngeni skuldig bevind aan moord op Anni Dewani
Dewani psigiaters glo sakevennote
Dewani se familie woedend oor T-hemde
Dewani-moord: twee verdagtes in die hof
‘Dewani-moordverdagte kan nie verhoor word’
Dewani word nie nou uitgelewer nie
Dewani hoor vandag oor uitlewering
Moontlike ooggetuies in Dewani-moord
‘Nuwe’ onthullings oor Dewani-moord
Dewani teken appèl aan teen uitleweringsbevel na SA
Brittanje teken Dewani-uitleweringsbevel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Welkom in S.A. Shrien. Jy moet kyk, ons het van die beste gholfbane in die wêreld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.