Drie ondervra oor Paulpietersburg-plaasmoord

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Die polisie in KwaZulu-Natal het bevestig dat drie mans vir ondervraging ingeneem is in verband met die moord op Nico en Mercia Lens van die Paulpietersburg-distrik.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die motief vir die moord is nog nie bekend nie en dat hulle steeds ondersoek instel om te bepaal of daar enigiets gesteel is tydens die voorval.

Die Lens-egpaar, albei in hul vyftigs, is omstreeks 17:00 Woensdagmiddag op hul plaas oorval.

Volgens Eugene van Aswegen, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, het die Lens-egpaar se bure eerste op Mercia se liggaam in die slaapkamer afgekom, nadat ʼn noodsein oor die radiostelsel deurgekom het. “Nico se liggaam is aan die buitewyke van die plaaswerf gevind.”

AfriForum het Donderdag gesê hy gaan ʼn klag by die nasionale en KwaZulu-Natalse polisiekommissarisse aanhangig gemaak nadat die plaaslike polisie en Newcastle se honde-eenheid glo teen ʼn slakkepas reageer het na die moorde.

Volgens Van Aswegen is die naaste polisiestasie 30km van die plaas af, maar dit het die SAPD ongeveer ’n uur en half geneem om by die toneel aan te kom. “Die Newcastle-polisie se honde-eenheid het eers ongeveer drie ure na die voorval opgedaag.”

Zwane het intussen aan Maroela Media gesê hulle stel ondersoek in na AfriForum se bewerings rakende die polisie se reaksietyd.

Lees ook:
Paulpietersburg-plaasmoord: AfriForum lê klag
KZN-plaasmoord: Egpaar op hul plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.