EFF gaan nie OVK-deposito betaal nie

EFF-lede buite die hof Foto: SAPA

EFF-lede buite die hof Foto: SAPA

Julius Malema, leier van die EFF, het Dinsdag gesê sy party sal nie ʼn deposito van R600 000 aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) oorbetaal wanneer hy sy kandidaatlys vir die nasionale verkiesing indien nie.

“Daar moet ander metodes buiten geld wees wat ʼn party se erns aandui,” het Malema gesê.

Regter Joseph Raulinga in die Pretoriase hooggeregshof het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se aansoek tot Woensdag uitgestel sodat alle partye hul argumente kan indien. Die EFF wil ʼn interdik bekom teen die betaling van ʼn deposito aan die OVK wanneer hy sy kandidaatlys vir die stembusse indien.

Die EFF daag president Jacob Zuma, die minister van binnelandse sake Naledi Pandor en die OVK voor die hof.

Malema sê sy party se kans om die stembusse te daag word nie bevraagteken nie, maar die stryd teen die OVK sal toeneem. “Ons is moeg daarvoor om deur kapitalistiese idees gedomineer te word,” het hy gesê. “Kom ons vind minder kapitalistiese meganismes om die erns van politieke organisasies te kontroleer. Geld is nie alles nie.”

Hy sê die OVK voer ʼn oorlog teen armes.

Die EFF is bereid om aan die eise te voldoen indien die verkiesingsliggaam ʼn bedrag van tussen R100 en R200 voorstel. Hy sê die OVK-vereiste verhoed arm mense om die stembusse te daag.

Volgens Malema sal hy die hoogste hof nader indien die regter teen hulle beslis. “Ons het ʼn span van regskenners wat gratis die stryd vir armes sal voer,” het hy gesê. Dumisa Ntsebeza SC het Dinsdag die EFF se regspan gelei. Dali Mpofu SC, senior beampte van die EFF, was ook in die hof. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Dit kos nie n Siener om te besef dat die vent die land onregeerbaar gaan maak nie. Al sou hy dan sy deposito betaal en aan die verkiesing deelnem, gaan hy die uitslag betwis en chaos en anargie saai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.