EFF gee speaker tot Maandag tyd

Julius Malema op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sê hy is bereid om Baleka Mbete, speaker van die parlement, tot Maandag te gee om te reageer op hul eis dat sy moet afsien van haar planne om die party se LP’s uit die parlement te skors.

“Ons is in gesprek met haar regsverteenwoordigers oor die presiese tyd,” het Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, aan Sapa gesê.

Ndlozi het bevestig dat Mbete se regsverteenwoordiger reageer het op die briewe wat al 25 EFF-LP’s Vrydag aan Mbete gestuur het. Mbete se regsverteenwoordiger het uitstel versoek op EFF-LP’s se spertyd van 12:00 Sondagmiddag.

Die EFF het vroeër gewaarsku dat indien Mbete nie afsien van haar planne om die party se LP’s vir tot twee weke uit die parlement te skors nie, hulle die hof om ‘n interdik sal nader.

In die brief wat op Julius Malema, leier van die EFF, se Twitter-profiel verskyn, skryf Mbete se regsverteenwoordiger dat die EFF-LP’s tot Maandag moet wag vir terugvoer aangesien die Nasionale Vergadering eers weer Dinsdag ‘n sitting het.

Mbete sal die Nasionale Vergadering na verwagting Dinsdag formeel versoek om haar toestemming te gee om die EFF se LP’s te skors.

Die EFF het verlede Donderdag chaos in die Nasionale Vergadering veroorsaak terwyl president Jacob Zuma besig was om vrae te antwoord.

Lees ook:
Malema gee speaker tot Sondag tyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cindy ·

“Wee jy” hy druig die speaker!!!!!! Wie die hel gee hom die reg. My Hel hy hoort nie daar nie, hy dink almal moet spring as hy sê spring, dit is mos Sirkus nie. Maar hulle dink alles is moet in ‘n sirkus ontaard. Gatvol en die mannetjie kom weg met moord….

Heidi Fourie ·

@ Cindy

Dit is so waar. Die hele parlement is ‘n flippen sirkus! En die “ringmaster” is ou Zuma.
Ek sidder om te dink wat ander lande moet dink as hul sien wat in ons parlement sittings aangaan!
Rerig!! Maar die ANC moenie kla nie. Julius is ‘n resultaat van die ANC en hul moet nou maar met hom sit of iets doen! “They created this monster” deal with it.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.