EFF hof toe oor OVK

Julius Malema spreek 'n skare toe in Polokwane Foto: @econfreedomZA, Twitter

Julius Malema spreek ‘n skare toe in Polokwane Foto: @econfreedomZA, Twitter

Die EFF het ʼn dringende aansoek teen pres. Jacob Zuma, die minister van binnelandse sake en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ingedien.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) versoek ʼn interdik van die Pretoriase hooggeregshof teen die betaling van ʼn deposito wanneer ʼn kandidaatlys vir die nasionale verkiesing ingedien moet word, het die party in ʼn verklaring gesê. Politieke partye moet R45 000 per provinsie betaal en R200 000 betaal om nasionaal aan die verkiesing deel te neem.

“EFF verwerp die vereiste om só ʼn groot deposito te betaal en ag dit as onregverdig teenoor nuwe inskrywings. Dit veroorsaak ʼn struikelblok vir toegang en, die belangrikste, skend die politieke regte wat kragtens artikel 19 van die Grondwet gewaarborg word,” het die EFF gesê.

Die party voer aan die stelsel diskrimineer teen nuwe politieke partye. Die EFF het gesê ander politieke partye het aangedui hulle sal moontlik by die aansoek aansluit. Die EFF het nie aangedui watter politieke partye dit is nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Moenie verbaas wees as hulle die verkiesingsuitslag ook gaan betwyfel en chaos gaan veroorsaak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.