Eskom: Solidariteit versoek adjunkpresident om in te gryp

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (20 Maart 2015) Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (20 Maart 2015) Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Die vakbond Solidariteit het adjunkpresident Cyril Ramaphosa versoek om in te gryp nadat Eskom sy nuwe regstellendeaksieplan aan vakbonde voorgelê het.

Volgens die voorlopige plan moet 3 400 vaardige wit werkers teen 2020 vervang word.

Ramaphosa het egter Woensdag aan LP’s in die Nasionale Vergadering gesê Eskom poog om so veel as moontlik vaardige persone, ongeag hul velkleur, aan te stel. Hy het gesê hy is nie bewus van enige rasgebaseerde afdankings wat by Eskom plaasvind nie, alhoewel vrywillige afdankings plaasgevind het. “Daar was ʼn proses waar mense versoek is om vrywillige pakkette te neem, maar dit is stopgesit omdat ons so veel as moontlik vaardige persone wil behou,” het hy gesê.

Ramaphosa het gesê Eskom het reeds ʼn hele paar vaardige persone verloor, en daardie persone moet nou weer gelok word om by Eskom te kom werk. “En ja, dit moet op meriete gebaseer wees, nie op velkleur nie,” het hy gesê.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het in die brief aan Ramaphosa gesê die vakbond ondersteun sy stelling dat Eskom vaardighede moet behou, ongeag velkleur. “Die realiteit is egter dat Eskom nie u siening deel nie,” het Hermann gesê.

Volgens Hermann maak Eskom geen voorsiening in die plan vir meriete, ervaring, kwalifikasie of vaardighede nie. “Eskom steun op die ekonomies aktiewe bevolking as die enigste kriterium wanneer getalledoelwitte en -teikens bepaal word,” het hy gesê. “Daar word glad nie ag geslaan op die poel van behoorlik gekwalifiseerde individue waaruit Eskom aanstellings kan maak of persone kan bevorder nie.”

Hermann skryf in die brief Eskom weier volstrek om hierdie kwessie te bespreek en hou vol met sy nastreef van rasseteikens. “Selfs ná u uitlatings in die parlement het Eskom geweier om Solidariteit se besware op die agenda te plaas vir konsultasie.”

Hy het gesê Eskom weier ook om met die vakbond se onderhandelingspan te vergader oor die kritieke kwessie van die vaardigheidsaanbod, die behoud van vaardighede en die elektrisiteitskrisis. “Die maatskappy besef nie dat rasseteikens irrasioneel is en dat dit nie rasionele uitkomste tot gevolg sal hê nie. ʼn Direkte gevolg sal wees dat nog vaardige persone sal uittree, en ʼn beperking geplaas word op die aanstelling of bevordering van persone met kritieke vaardighede, ongeag hul ras.”

Hermann het gesê in die lig hiervan versoek die vakbond Ramaphosa om die nodige stappe te doen om te verseker dat die sentimente wat hy in die parlement voorgehou het, in Eskom tot uitvoer gebring sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

As die regering sou geluister het, sou hulle al baie lank gelede geluister het. NIKS GAAN GEBEUR NIE!

Grassie ·

Ramaphosa kan maar praat tot hy blou is in sy gesig, dit gaan nie help nie. Die weersin vir alles wat wit is loop te diep in hierdie land.

jacques ·

Ek weet nie meer wat mens kan glo en nie.alles en almal lyk ewe corruped.Julle mense moenie so negatief wees nie genade.

CHRISTA ·

Dit help nie jy stel mense in bestuursposisies aan wat NIKS van kragopwekking, die ontwikkeling, onderhoud en bestuur daarvan weet nie. Dan val als uitmekaar. As hulle 20 jaar gelede die Eskom-bestuur aangehou het en intussen swart elektrisie ingenieurs opgelei het sou hulle, met leiding van die ou bestuur, suksesvol kon voortgaan.

Gert van der Merwe ·

Mense se my asseblief hoe kan ek my “pre-pay” kragmeter ook verander na “free kry”krag toe. Ek wil ook net my deeljie van die “freedom charter”en demokratiese konstitusie kry

Shannon ·

Nee man, los nou vir eerbare Rammanpoza. Meer swart hoofde in Eskom is krities.
Die enigste ding swarter as die regering is die swartheid van die nag.
Binnekort is die enigste ding in Suid Afrika wat nog brand Tafel Berg.

jaycee ·

Dis ‘n ou laai van die ANC: hulle sê een ding maar doen ‘n ander. Kan niks meer glo wat hulle kwytraak wanneer dit by projekte van ontwikkeling en verbetering kom nie. Hulle is so rasgedrewe dat al sou hulle vooraf kennis neem of besef dat ‘n projek sal misluk as gevolg van hulle beheptheid met ras, hulle nogtans die paadjie sal stap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.