Foto’s: Dis wat Oscar-video wys

Die dokumentêr volg onderaan die berig.

Die video waarin Oscar Pistorius gebeure uitbeeld van die aand wat hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het, wys onder meer hoe hy op sy stompies loop en hoe hy sy suster by die trappe af dra.

Die video is Sondagaand deur die Australiese TV-kanaal Channel 7 uitgesaai as deel van die dokumentêr Running Scared. Die dokumentêr begin met beeldmateriaal van Pistorius waar hy op sy stompies heen en weer loop oor twee persiese matte. Eers loop hy na die kamera toe en weer terug. Die volgende keer loop hy baie vinniger met sy regterarm voor hom uitgestrek asof hy ‘n vuurwapen vashou. Hy sê in die video dit is moontlik die vinnigste wat hy op sy stompies sal kan loop.

'n Skermskoot uit die dokumentêr

‘n Skermskoot uit die dokumentêr

Die volgende beeldmateriaal wys ‘n man se arm en ‘n pistool in die persoon se hand. Dis donker en die vuurwapen is op ‘n deur gerig. Pistorius sê dan: “Reeves there is sombebody in the house. Call the police. Call the police. Call the police babe.” Dan skree hy: “Get out! Get out of my f****** house! Get out! Reeva call the police! Get out!”

Mens hoor dan ‘n geluid van agter die badkamerdeur af en op die beeldmateriaal skiet Pistorius vier skote op die deur af. Die volgende beeldmateriaal wat gewys word is van Reeva se ouers. Reeva se ma, June, vra: “Why? Why did he shoot her? How did she end up with a person like this?”

Skielik wys daar beeldmateriaal van Pistorius, met sy kunsbene aan, waar hy sy suster voor ‘n stel trappe neerlê.

'n Skermskoot uit die dokumentêr

‘n Skermskoot uit die dokumentêr

Kort hierna wys daar beeldmateriaal van hoe daar ‘n replika van Pistorius se huis gebou word. ‘n Vroulike stem op die video sê die replika is van die boonste vloer van Pistorius se huis en dat die afmetings presies reg is. Die meubels staan ook presies soos wat dit in Pistorius se huis gestaan het.

'n Skermskoot uit die dokumentêr

‘n Skermskoot uit die dokumentêr

Die dokumentêr fokus dan eers onderskeidelik op Pistorius en Steenkamp se grootwordjare tot wanneer hulle ontmoet het tot waar Steenkamp die oggend van 14 Februarie 2013 in Pistorius se huis doodgeskiet is.

In deel twee van die dokumentêr word daar foto’s van die moordtoneel gewys en hoor mens Pistorius in die agtergrond skree: “Help! Help!”.
Daar word verder beeldmateriaal gewys van Pistorius se hofverskynings sowel as klank van sy getuienis.

In ‘n volgende uittreksel uit die video wys dit hoe Pistorius sy kunsbene aansit.

'n Skermskoot uit die dokumentêr

‘n Skermskoot uit die dokumentêr

Pistorius demonstreer hoe hy vir Steenkamp in die badkamer aangetref het.

'n Skermskoot uit die dokumentêr

‘n Skermskoot uit die dokumentêr

Pistorius se suster sit in die volgende toneel langs die toilet en Pistorius verduidelik wat gebeur het. Hy verduidelik dat hy oor haar gebuig het en haar opgetel het. Hy gaan sit dan langs haar. Sy sit half op sy skoot en hy beweeg na die deur se kant toe terwyl hy steeds sit. Eers wanneer hulle in die groter gedeelte van die badkamer is, tel Pistorius sy suster op en dra haar by die trappe af na die grondvloer van die huis.

'n Skermskoot uit die dokumentêr

‘n Skermskoot uit die dokumentêr

'n Skermskoot uit die dokumentêr

‘n Skermskoot uit die dokumentêr

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het intussen gesê dat hy nie die dokumentêr gesien het nie. “Ons het nie kommentaar nie…en het niks met die video te doen nie,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, gesê. Mncube sê die vervolging, onder leiding van staatsaanklaer Gerrie Nel, het ook nie die video gesien nie.

Dit is intussen ook nie duidelik watter invloed, indien enige, die video op Pistorius se moordverhoor sal hê nie.

Die dokumentêr is intussen weer op YouTube gelaai nadat dit vroeër verwyder is. Dit is sowat 42 minute lank.

http://youtu.be/1qDW5_oeOPc

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

Lees ook:
Oscar-beeldmateriaal glo onwettig bekom
Regstappe teen nuwe Oscar-video

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan ·

Partykeer wonder ek oor die bevoegdheid van die skrywers of vertalers van Maroela Media. ‘n Sin soos “…die verdediging, onder leiding van staatsaanklaer Gerrie Nel…” maak mos glad nie sin nie. Gerrie Nel lei die vervolging. Regtigwaar!

Nico Strydom ·

Haai Jan. Jammer oor die fout wat ingeglip het. Dit is reggestel. Baie dankie vir jou terugvoer. Vriendelike groete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.