Foto’s: Klopjag op grootste dwelmlaboratorium in DBN-spogbuurt

Die binnekant van die dwelmlaboratorium. Foto: KZN-SAPS

Die binnekant van die dwelmlaboratorium. Foto: KZN-SAPS

Die KwaZulu-Natalse polisie het Dinsdag geskiedenis gemaak toe hulle op die grootste dwelmlaboratorium wat nog ooit in die provinsie ontdek is, in Hillcrest, Durban toegeslaan het.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die misdaadintelligensie-eenheid het ʼn wenk ontvang dat ʼn dwelmlaboratorium in die Kloof-omgewing bedrywig is.

“ʼn Gesamentlike klopjag deur die Umhlali-honde-eenheid, die Umhlali-taakspan, die Phoenix-misdaadintelligensie-eenheid, en die taktiesereaksie-eenheid is uitgevoer nadat genoegsame bewyse ingevorder is,” het Zwane gesê.

Die polisie by die drie verdagtes. Foto: KZN-SAPD

Die polisie by die drie verdagtes. Foto: KZN-SAPD

Die polisie het die perseel deursoek en op 40 kg suiwer heroïenpoeier afgekom. Die polisie het ook beslag gelê op toerusting om dwelms te vervaardig. Die geraamde waarde van die dwelms en toerusting beloop meer as R2 miljard.

Drie mans, onderskeidelik 23, 55 en 56 jaar oud, is op die toneel in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Donderdag in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklagte van die vervaardiging van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Sal graag wil weet wie is die “eienaars” van die hool en watter groot kanonne het hier ‘n vinger in die pie….??!!

Marieta ·

Dwangvoer hul, hul eie gif en laat hulle dan gereeld deur die hel van ontrekking gaan! Gemors!

Belinda ·

Ek kan myself net indink hoeveel ouers het trane agv die tipe mense maar hulle gaan net aan en aan……………….want in S.A word hulle nie gehang nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.